Friday 9 May 2014

Langnaweek Sondag Wegbreek

So 2 weke na ons Tankwa trippie het die manne my begin vra waarheen is die volgende reis. Ek het toe maar so vining die kalender beloer en enigste dag wat ons êrens sou kon ry was Sondag 27 April.

Ek het die datum vir die manne uitgestuur en gesê die roete sal ook pillion vriendelik wees. Dit beteken jy kan 'n passasier saamry vir die leke. Die besluit is gemaak om see-langs te ry tot by Rooi-Els. Vandaar die grondpad voor teen die see te vat tot by Pringle Baai en dan te ry tot by Hangklip sodat ons kan gaan kyk hoe lyk dit daar.

Vandaar sou ons deur Kleinmond na Botrivier ry om ietse in die hotel te gaan kou en dan deur na Hommel toe om 'n worsie te braai die middag.

Die tyd het nader gekom en in die midde van hierdie het vroulief toe ook die naweek af op die ou einde. Ons was besig om te pak aangesien ons verhuis aan die einde van die maand so dit was chaos. Donderdag oggend breek vroulief die nuus sy is genooi vir 'n dames tee. Awesome nuus want dan het ons albei ietsie wat ons kan geniet.

Vrydag breek aan en die huis is in chaos gedompel. Panda(Johan) kom kuier vir die naweek en gelukkig is hy my "Brother from another mother" so nie ek of Chantelle is eintlik gepla nie.

Saterdag pak ons 'n paar goedjies om die huis en maak gou die vrieskas skoon. Ek verneem toe dat Spykerkuif gou Kaap toe kom om papiere vir sy motorfiets te kom haal. Ek en Panda het vroeg middag begin met 'n lekker skaap potjie en toe Spykerkuif opdaag het ons hom ook maar 'n rumpie gegooi vir die geselligheid. Panda het gese hy gaan Spykerkuif se vrou bel en se hy kan nie nou meer huis toe ry nie want dis te gevaarlik en voeg toe sommer daad by die woord. Lang storie kort bly Spykerkuif toe maar oor en se dat hy die volgende oggend sommer saam met ons in die pad gaan val.

Na 'n lekker kuier en pikante skaappot het ons bietjie gaan oe rus.

5:00 die oggend le ek al wakker en wag vir roering in die huis sodat ek kan opstaan. Janna was toe die eerste om te roer en ek het opgestaan en koffie gemaak en toe begin aantrek. Nadat ons klaar gemaak het, het ons maar die fietse tot voor by die hek gestoot om sodoende nie die hele kompleks wakker te maak nie.

Vandaar het ons rustig gery tot by 2de robot en toe begin ek en Panda so bietjie speel. Ons moes eintlik vir Chatillon(Ninja) by sy huis gekry het, maar ek is toe so lus vir bike ry ek vergeet dit als. Ons moes vir Chris Schutte(Skillie) by Hazendal kry. Hy se toe hy hoor hoe kom ons aan en braaaaaappppp, los verby. Hoor toe ook dit was nie sy taak om ons te vang nie. Ek en Panda het eerste arriveer by Caltex (Bottelary pad) en nie lank na ons nie toe stop Skillie ook. Panda het gou die kafee gaan besoek en toe kom Kanarie ook ingevlieg.



 
 
Laaste om te arriveer was Basson(Dooie Rot). Ninja het gebel en gese hy is oppad so toe wag ons vir hom. Met die aankom het ek sommer gese ons moet opkit en in die pad val want ons kry vir Deo(Klossie) en Hommel in Gordonsbaai.
 
Oppad Gordonsbaai toe dink ek maar ons kan darem nie die enigste mense wees wat vroeg wakker is nie. Enigste roete wat toe vir my na 'n lekker ene klink is deur die Strand. En ek maak ook toe sommer so. Seelangs deur die Strand na Gordonsbaai.
Ons ontmoetingspunt sou die BP vulstasie in Gordonsbaai wees. Oppad soontoe het ek my foon voel vibreer in my baadjie-sak en geweet dit moet seker Hommel wees. By ons aankoms het ek niemand gewaar nie en gese ek bel net gou om te hoor waar hulle is. Hommel het die nuus gebreek dat Klossie se Dakar se waterpomp begin lek het en hulle teruggedraai het. Hierdie was die veiligste opsie. Hommel het wel gese dat hy en Lilanie(Perdeby) later by ons sal aansluit. Mev Ninja het gese sy is lus vir koffie en dit was sommer 'n knap plan. Ons het koffie gaan kry en toe weer buite by ons fietse gaan staan.
Soos meeste mense al gewoond is, het die wind gewaai in Gordonsbaai. Ek dink die enigste plek wat meer wind het in ons land is die omgewing rondom Gouda. Dooie Rot se fiets het bo teen die bult gestaan, dan Skillie s'n onder hom en myne heel onder. Skielik was daar 'n rukwind en daar waai Dooie Rot se Plastics(lees DR650) om, teen Skillie se fiets, wat weer oval teen my fiets Toe die DR omwaai sien jy net koffies trek en enigste fiets wat toe gevang kan word in Saagie. Skillie het vir Saagie aan die pannier-bracket beetgekry en ek het die handlebars voor gevang. Al die manne het ingespring en kort voor lank het al die fietse weer regop gestaan.
Enigste werklike skade is Dooie Rot se 2 tru-spieels wat af en gebuig was en Saagie se regter agterflikkerlig was gebreek.
Skillie het net voor die trip sy crashbars opgesit en dis verseker op my lysie om so gou as moontlik gedoen te kry. VERAL as ek saam met Dooie Rot weer Gordonsbaai toe gaan ry, of dalk Gouda??
Gelukkig geen groot skade nie, Skillie het sy skroewedraaier uitgepluk en ons het gou Dooie Rot se spieels reggebuig en hulle weer aangesit. Vandaar het ons die pad na Rooi-els aangevat. Buiten vir ons bergpasse en Chapmans peak is hierdie seker een van die mooiste paaie in ons land. Berg aan die een kant, see aan die anderkant. Goeie teer en BAIE grip.
Ek het hierdie roete al met 'n redelike aantal verskillende voertuie aangedurf en afhangende van my gemoedstoestand as ek by die eerste draai kom is dit of 'n rustige Sondag "cruise" of 'n pedal to the metal tipe ry-ervaring.
Aangesien dit die eerste keer is dat ek hierdie pad met Saagie aandurf was dit 'n mengsel van beide. Vinnig genoeg om bietjie my ry-vernuf uit te daag, en meeste van die tyd stadig genoeg om die mooie natuur en die reuk van die see in te drink.
Ek het besluit om te stop waar die surfers gewoonlik stop en dan teen die hang afstap om te gaan surf. Hierdie is altyd vir my 'n mooi plek om te stop en jy kan mooi fotos neem.









 
Hierdie spesifieke oggend het 'n hele klomp manne met padfietse ook dieselfde gedagte gehad en daar is 'n hele klomp manne teen die spoed van witlig by ons verby. Ons het gestop by Rooi-Els en sommer by die eerste restaurant ingeval vir 'n koffie. Hommel het ons intussen laat weet hy en Perdeby is oppad en kry ons in Rooi-Els. Die eienaar van die restaurant was baie vriendelik en behulpsaam en het ons vertel van die paaie wat toe is en ook hoe ons deur die dorp kan ry en weer op die grootpad kan uitkom.
 
Hommel en Perdeby het arriveer en ons het so vinnige draai deur die dorp gery en vandaar die pad gevat Pringlebaai toe. Hier het ons gery tot voor by Hangklip waar die pad doodloop en toe maar weer omgedraai.
 
Moet weereens sê dis lekker om saam met hierdie groep ouens te ry. Ons het 'n klein seuntjie se naweek gemaak. Terwyl ons in aantog was het die seuntjie op die boonste verdieping van een van die huis tot by die tralies gehardloop. Soos ons verbyry het die manne gewaai en hy het gretig teruggewaai. Tot sy ma het gewuif. Met die terugkom staan die einste klein mannetjie en wag, hierdie keer met sy eie rooi klein skopfietsie en toe word daar gewaai vir die vale.
 
Oomblikke soos hierdie maak als die moeite werd. Daardie glimlag op die mannetjie se gesiggie was AWESOME!!!





 
 
Van hier het ons deur Bettysbaai gery. So in Bettysbaai wys Hommel vir my om af te trek. Die man se hy is effens dun om die middel en ons moet êrens stop om te eet. Ek sê toe die enigste plek wat ek aan kan dink is by Kleinmond se hawe. Ek neem toe die voortou en lei die manne hawe toe. Daar aangekom sien ons nog 'n klomp fietse en Ninja sê toe hy het met die Palmiet-rally by The Boathouse geëet en hulle kos was lekker. So gesê en so gedaan, Eerste wat toe pak vat is die hasie soos julle in die foto onder kan sien.



Moet sê die diens was glad nie sleg nie en ek het so effense spesiale versoekie gerig. Ek wou 'n omelette he maar nie met gewone mushrooms in nie. Hy moes bacon, kaas en mushroom SOUS inhe!! Gelukkig is die chef wakker en ek kry toe my omelette soos ek hom gevra het. Alle kragtie was hy nou vir jou lekker! Die res van die groep was net so gelukkig met hul kos. Panda en Kanarie het elkeen 'n Dagwood bestel en dit het sommer LEKKER gelyk! 
Van Kleinmond af het ons die pad in die rigting van Botrivier gevat. By die Hermanus/Grabouw kruising is ons links in die rigting van Botrivier. 'n Entjie verder in die pad af is 'n Shell vulstasie en ons het net voor hom regs gedraai op 'n pad met 'n bord wat se Karwyderskraal. Net mooi oor die enkel motorbrug se Giepie(GPS) ons moet links draai. Giepie neem ons toe eers op 'n dwaalspoor, nadat ons omgedraai het en teruggery het kry ons toe weer die regte pad en daar gaan ons die berge in.
Dit was nogal 'n belewenis aangesien ek nog nooit hier gery het nie. Dis ook lekker om te sien hoeveel paaie daar werklik in die berge in en om Kleinmond en omgewing is. Op hierdie pad het ons een of 2 redelik tegniese stukkies gery. Dit het gewissel van 'n redelik steil opdraand met groterige klippe tot 'n baie steil afdraand met groot klippe. Die afdraand is effens makliker aangesien jy staan en jou gewig na agter leun wat dit baie makliker maak.  Die opdraand is 'n perd van 'n heel ander kleur. As jy hier nie momentum het nie, het jy kanse vir val verdubbel. Want om teen 'n steil opdraand te stop, voorrem te trek en dan op groot klippe weg te trek is 'n resep vir skrape op jou fiets. Gelukkig is almal ongeskonde daar deur waaroor ek baie bly is.


 
 
 
 
Vandaar het die paaie en valleie voor ons oopgemaak en ons kon so bietjie die ore draai en die klank laat weergalm deur die valleie heen. Volgende stop was Caledon sodat ons bietjie brandstof kan ingooi. Manne het volgemaak en toe word daar eers gou petrolverbruik vergelyk en lyk darem of die meeste manne gelukkig was met hulle fietse s'n. Ons het besluit om almal te ry na die N2, en dan later af te draai net anderkant Dassiesfontein op die Villiersdorp pad. 'n Entjie verder draai 'n paadjie af na Van Zyls pas en dit is ook 'n kortpad na die plaas waar Hommel en Perdeby bly. By hierdie afdraai het ons gestop en Ninja het gese hulle gaan reguit hou Worcester toe aangesien hy Spykerkuif se 500cc Scooter gekoop het en die sommer wil gaan optel. Robin het gese hy is lus om saam te ry CW toe en Panda het gese hy gaan terugdraai vir Vermont aangesien hy die Maandag werk en meeste van ons af is. Ek, Skillie, Hommel en Perdeby, en Dooie Rot  het besluit om deur te skiet plaas toe en darem net so gou 'n biertjie te drink. Almal het gegroep en het hulle verskillende rigtings ingeslaan.
 
 
 Va


Ek het die Van Zylspas nog nooit gery nie maar moet se dit was nogal mooi. Niks WOW spectacular nie, maar ek sal graag weer deur hom wil ry. By Hommel aangekom het ek agtergekom dat en my uitlaatpyp se mounting bracket erens afgery het. Paar cable ties later sou hy darem hou tot by die huis.

Klossie het vuur aangesteek en ek kon sien die man se hart is seer aangesien hy nie die trip kon meemaak nie. Ons het lekker op die stoep bietjie sit en gesels en ek het toe sommer Klossie se vrou ook ontmoet. Skillie het met skok agtergekom hy moes eintlik vanmore piesangs gegas het maar het skoon vergeet. Eerste oproep praat en praat hy maar niemand praat terug van die anderkant nie. Hy onthou toe dat sy foon nog aan sy Bloutand in sy valhelm gekoppel is. PLAN B!!!
DIS HOE MENS PIESANGS GAS!!!

Ons het besluit om in die pad te val terug Kaapfontein toe. Ek, Dooie Rot en Skillie het lekker gery en erens op die N2 by die Strand het ons vir Dooie Rot verloor. Ek en Skillie maak maar toe die pas aan vir die huis. Later het die boodskappe begin deurkom om te se dat almal veilig by die huis is.

'n Goeie, ontspanne Sondag inderdaad.


 

No comments:

Post a Comment