Tuesday 2 December 2014

Malagas Malligheid

Na ons Namatrap trippie het my hart see toe verlang.

In my lewe is daar 'n paar reuke wat my hart vinniger en stadiger op dieselfde tyd laat klop. Die reuk van reën, die reuk van 'n varsgeploegde land, die reuk van die see en aangesien ek 'n "petrolhead" is die reuk van motorsport parfuum.

Aangesien ek die trip al redelik lank beplan het ek die weer angstig dopgehou. Die vooruitsig was glad nie goed nie. BAIE reën en dan nog wind daarby!

Ek het net besluit: "Come hell or high water." RY GAAN EK RY. Ek meen maar, dis water, dit maak nat, dit raak droog en die Vader gee dit vir ons verniet.

Vrydag more is ek met 'n goeie gemoed werk toe. Eers my dogtertjie gaan aflaai, teruggekom en vir Saagie gevat werk toe. By die werk het ek verslae gekry van stormsterk winde in die Waenhuiskrans area en dis presies die rigting waarheen ek oppad was.

Toe die horlosie 16:00 slaan het ek soos 'n malletjie gehardloop dat ek buite kan kom. Eerste oog-opslag het gesê ek moet my gat roer want daar is groot reen oppad. Ek maak ook toe so! By die huis gekom het ek net in my ry-klere gespring, panniers vasgemaak en toe begin dit reën. HARD. Met die val van die 3de druppel lui my foon. Ek hoef nie eers te kyk wie dit is nie. Ek weet. Chantelle. Ek besluit toe om nie te antwoord nie. Want ek weet wat die gesprek wat sou volg gaan behels.

Sou ietsie soos volg gewees het: 'Hallo my skat. Jy gaan seker nie in hierdie weer ry nie?' Hardkoppig soos ek is sou ek gesê het: 'Dis net bietjie reën. En 'n biker wat bang is vir natreën moet nooit sy fiets by die deur uitvat nie."

Gelukkig het ek die gesprek vrygespring. Die reën het opgehou en dit was die teken dat ek moet opsaal.

Ek het daar op Saagie gespring en besluit om sommer deur Kuilsrivier, Blackheath te ry. Ek was relatief droog tot by Eersterivier. Vandaar het ek in gietende reën gery tot by Grabouw waar ek gou by die BP garage gestop het vir petrol. Ek het die nodige mense laat weet waar ek is, "Battered down the storm hatches"(lees baadjie toegezip en visor laat sak) en in die pad geval vir die laaste stukkie Franskraal toe.

Ek het besluit om eerder die N2 te vermy en het die afrit na Hermanus geneem. Met die inkom in Hermanus het ek besluit om sommer by F&V City te stop vir steak aangesien dit sommer teen die pad sit. 'n Besluit wat ek later sal berou. By die F&V City aangekom het ek afgeklim en met die afklimslag het ek gevoel daar is meer water in my bootse as in Hermanus se opgaardamme. By die ingang van die F&V City het 'n skoonmaker met 'n mop gestaan. Met die instap het sy my so gekyk, en toe moes ek haar kakebeen van die vloer af optel. Verbasing op haar gesig was duidelik sigbaar. Gou 'n trollie gegryp en deur die rakke gestap na die vleis-afdeling. Met die stappery hoor ek voetspore agter my en met die omkyk is die skoonmaker besig om my te agtervolg met die mop en droog water op soos ek stap!!!

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141114_182004.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141114_182004.jpg[/IMG][/URL]

Steakie gekoop, en vandaar die rieme neergelê Franskraal toe. Ek het by die huis gou my panniers afgehaal en die topbox leeggemaak en gery om laaste paar goedjies te kry in Gansbaai. Ek het darem vir OK en die drankwinkel oopgevang. Nodige verversings aangeskaf en toe is ek baie lus vir effens droeër klere en ietsie vir die keel.

Moes darem net eers by die hawe 'n draai ry en wat 'n goeie besluit was dit nie!

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/2014-11-14_18-56-28_HDR.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/2014-11-14_18-56-28_HDR.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141114_185734.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141114_185734.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141114_185742.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141114_185742.jpg[/IMG][/URL]

By die huis aangekom het ek dadelik vuur gemaak en van my nat klere ontslae geraak. Vuurtjie lekker gestook vir hitte en die nat klere oor stoele gehang naby die vuur om droog te raak. My bootse het die koerantpapier treatment gekry en ek het die koerantpapier nog 2 keer na dit vervang en hulle was nog steeds nie heeltemal droog binne nie.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141114_200958.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141114_200958.jpg[/IMG][/URL]

Heated Grips??
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_084302.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_084302.jpg[/IMG][/URL]

Aandete was 'n TAAI stuk steak, kaassous, opgekookte aartappel en van hierdie klein braaibroodjies met die kaas binne-in. En ai, die brandewyn het soos nog geproe!! Ek het die warmkombers gaan aansit en in die bed geklim. Saterdag gaan 'n lang dag wees!!

Saterdag was ek weer 5:00 wakker soos gewoonlik. Ek het besluit ek gaan rustig klaarmaak aangesien ek nie enigsins gekoppel was aan tyd nie. Die weer het nog lekker deurmekruis gelyk! So teen 8:00 en nog geen koffie in my lyf nie het ek begin klaarmaak. Die verdict was uit. Ek gaan natreën. Vraag was net vir hoe lank ek gaan droog bly. So teen net na 9 het ek in die pad geval. Rigting Die Damme.

As ek in die hele off-road vibe is probeer ek so kort as moontlik teerpad ry. Die paar kilos van Franskraal na Pearly Beach het my later grensloos irriteer. My hart het die grondpad gesoek. Net mooitjies so 2km voor Pearly Beach se kruis sien ek hoe trek daar 'n bui reën oor die Damme. Presies die pad waarheen ek oppad is. Die oooh he e gedagte het net my brein getref toe slaan die eerste druppel my visor.

Net na dit toe gaan my flicker aan, regs Pearly toe! Ek het gery om 'n afdak of iets te kry en net die eerste bui reen te mis. So 20 druppels later het ek sommer tot voor teen die see gery. Dit het gelyk of die reën so semi verby trek en ek het gestop vir 'n paar fotos.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_093642.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_093642.jpg[/IMG][/URL]

Die reën het mooitjies getrek en ek het op Saagie gespring, reg vir die grondpad! By Pearly is ek sommer reguit oor die kruis, en het gery tot by die B-bos Elim T-aansluiting

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_095641.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_095641.jpg[/IMG][/URL]

Hier het ek regs gedraai en later het daar weer 'n paadjie regs afgedraai na Elim. Ek het hier afgedraai, deur die driffie en toe ek die bult uitgaan sien ek hoe kom die reën. Ek het net daar omgesit en besluit hier gaan ek nog nie natreën nie. Nodeloos om te se het ek Saagie se oor gedraai in die rigting van Napier. Ek het nog nie koffie gehad nie en die cravings was groot vir 'n lekker beker boeretroos.

In Napier is my en Chantelle se gewone stopplek Pascals in die hoofstraat. Ek het ook toe sommer daad by die word gevoeg en gestop vir ietsie te ete. Die atmosfeer in Pascals is altyd lekker rustig. Ek was alreeds effens modderig na die stukkie grondpad en het besluit om sommer buite onder die afdak te sit. Die reën het musiek gemaak op die sinkdak, die koffie het soos manna uit die hemel gesmaak. I was at ease with the world, and the world was at ease with me.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_102908.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_102908.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_103331.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_103331.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_104637.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_104637.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_111903.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_111903.jpg[/IMG][/URL]

Soos gewoonlik het die eienaar ook kom hallo sê. Met die reën wat so lekker val het ek nog 'n beker koffie bestel. Eienaar sê toe hy kan sien ek is nie gejaagd nie. Ek antwoord toe nee. As ek die helmet oor my kop trek gaan staan tyd stil. Dan is daar niks en niemand wat my kan of gaan aanjaag nie.

Van Napier af het ek in relatiewe droogte gery tot by Bredasdorp. Pad was nog redelik nat. By Bredasdorp het ek by die Engen garage gestop en petrol ingegooi. Met die dat ek nie die afstande weet nie het ek maar volgemaak. Ek is dorp uit verby die silos en 'n entjie verder regs gedraai op die Malgas/Infanta pad. Ek het 'n stukkie van hierdie pad so 2 Desembers terug gery tot by 'n pel op 'n plaas daar naby.

Aanvanklik was die pad glad nie sleg nie. So oor die 4de bult het daar 'n kar links van die pad anderkant die draad gestaan. Die man het defnitief die pad byster geraak en 'n entjie in die boer se land in opgeëindig. Nog so 10km verder het daar 'n Sapphire teen die pad gestaan met 'n pap wiel.
Van hier af aan het ek by myself gedink, Hel ek is bly dat ek nie hierdie pad met my kar ry nie!! Die water het strome in en oor die pad geloop en ek was dankbaar vir die T63 Knobbly wat Saagie agterop het. Ek het 'n lorrie verbygegaan en so bietjie vinniger gery sodat ek kan stop om fotos te neem voordat die trok my weer verbygaan.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_120238.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_120238.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_120243.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_120243.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_120257.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_120257.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/2014-11-15_12-03-21_HDR.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/2014-11-15_12-03-21_HDR.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/2014-11-15_12-04-03_HDR.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/2014-11-15_12-04-03_HDR.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_122130.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_122130.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_122135.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_122135.jpg[/img][/URL]

Ek het gery tot by die Breede River Trading Post. Wat 'n awesome plekkie. Hier het ek nogal lank gesit. Die hemele het oopgemaak. Ek het vir my 'n coke gekoop en rustig op die stoep gaan sit en die reën sit en dophou. Daar het 'n paar plaaslike manne sit en gesels en ek het maar so met 'n halwe oor gesit en luister en stil stil gelag. Manne het my later betrek en uitgevra oor waarheen ek oppad is etc.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_122906.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_122906.jpg[/img][/URL]

Ek het seker 'n goeie uur en 'n half hier gesit want die water het omtrent geval. So af en toe het ek net uitgestap en gekyk na die berg agter die winkel. Toe die weer uiteindelik skietgee het ek totsiens gesê en in die pad geval. Infanta toe.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_132047.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_132047.jpg[/img][/URL]

Net weggery by die Trading Post kry ek jou wrintiewaar 'n ou met 'n Porsche!!! Ek het so half in ongeloof gekyk en merkbaar my kop geskud. SERIOUSLY????!!!!!!

Nou ja, soos 'n spreekwoord wat ek eendag gehoor het: Elke ou soen sy vrou op sy manier. So ry elke ou seker met sy kar waar hy wil?? Of nie?

In Infanta aangekom het ek gestop vir fotos. Wat 'n mooi plek is dit nie. Die groot grasperk kan ek nogal dink is vakansie tye vol kinders wat touchies speel of krieket of iets.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_134627.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_134627.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_134936.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_134936.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_135100.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_135100.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_135107.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_135107.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_135144.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_135144.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_135218.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_135218.jpg[/img][/URL]

Met die terugry sien ek 'n bordjie wat sê River Mouth en ek swik sommer daar regs in. Kort grondpaadjie en ek stop by die riviermond. Aan die oorkant van die Mond lê Witsand wat aansienlik groter is en ek verseker nog wil besoek.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_140038.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_140038.jpg[/img][/URL]

Met die terugstap na my fiets toe sien ek Saagie se ketting is effens slap. Ek pluk toe sommer gou die tools uit en stel die ketting bietjie stywer. Oppad terug sien ek hoe die weer en die reënbuie oor die berg kom. Ek gewaar 'n pub en nog 'n paar DS fietse buite en besluit om gou daar in te val vir 'n drinkdingetjie.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_140740.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_140740.jpg[/img][/URL]

As luck would have it dra ta mos nie kontant by hom nie. Want ek betaal orals met my kaart. GEEN KAARTMASJIEN!!! Ek is toe sommer opslag semi-moerig en klim in die gietende reën op Saagie en brul uit die dorpie uit. Skaars 'n kilometer verder ry ek uit die reën uit en draai regs om af te ry na Malagas en die Pont.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_143437.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_143437.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_143440.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_143440.jpg[/img][/URL]

By die Pont aagekom raai wat sien ek????
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_144415.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_144415.jpg[/img][/URL]
Dis reg. Die frikkie met die Porsche!!!!

Ek het so rukkie hier vertoef en toe besef as ek nie nou draai nie gaan die sonlig my nie by die huis bring nie. Ek het omgesit en teruggery Bredasdorp toe.

 Die aanhoudende reen het die pad mooi modderig gemaak en dit het dit 'n haas onbegonne taak gemaak om my visor skoon te hou.
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_152352.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_152352.jpg[/img][/URL]

In Bredasdorp het ek by Checkers gestop sodat ek darem 'n verversing of 5 kon kry vir die aand. Hier het ek vir my 'n ordentlike stuk steak gekoop en van tannia Ina se kaassous. Ek was lus vir iets lekker en 'n Milo was net die ding om my dors te les. Ek moet sê ek het in die winkel 'n paar snaakse kyk gekry en buite kommentaar soos: Hoe gaan jy skoonkom? en Hel maar jy is lekker vuil. 3 omies het daar verbygestap en een het gesê: 'Magtag ou klong maar jy is van de modder! Maar lyk my dit was donners lekker.' My antwoord aan hom was die volgende: 'Oom het geen idee nie! Die Vader seën ons met die reën so hoekom sal ons dit nie geniet en dankbaar wees nie.' Hulle het net gelag en gesê: 'So bek moet jam kry.'

Ek het gou by die BP gestop en petrol ingegooi. Die terugroete sou met Struisbaai pad uit die dorp, Regs na Elim en dan grondpad na die Damme en vandaar teerpad terug Franskraal toe.
Oppad uit die dorp ry ek die manne in die vroeëre fotos raak en val toevallig so half in die middle van hulle groep in.Voorste 3 manne het regs gedraai op dieselfde pad en ek het gewuif met die verbygaan.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_161646.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_161646.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_161716.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_161716.jpg[/img][/URL]

My volgende stop was die brug by Uilkraal. Hierdie brug is eintlik so mooi vir fotos en ek moes net daar stop.
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_165538.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_165538.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_165624.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_165624.jpg[/img][/URL]

Terug by die huis het ek eers verstaan hoekom die mense kommentaar gelewer het op hoe ek lyk. Ek dink die fotos vertel die storie.
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_171620.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_171620.jpg[/img][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141115_171637.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141115_171637.jpg[/img][/URL]

Die aand het ek afgesluit met 'n rustige braaitjie en 'n paar LANG brandewyne! En mensig maar TOE reën dit.

Sondag more opgestaan en was sommer net lui. ek het koffie gedrink en die see lê en kyk en so na 9 begin klaarmaak. Soos Murphy mos nou is was die dag bitter mooi en die see soos 'n spieël. Ek het besluit dat ek verseker kuslangs gaan huistoe ry.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_114842.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_114842.jpg[/IMG][/URL]

In Hermanus het ek 'n paar mense eers die skrik op die lyf gejaag met 'n blaf so af en toe van Saagie af en vandaar bietjie die oor gedraai Kleinmond toe. Ek was honger en lus vir iets lekker. Die Boathouse by Kleinmond hawe was net die plek vir 'n lekker Calamari en Chips.

[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_121914.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_121914.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_124937.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_124937.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_124945.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_124945.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_130824.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_130824.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_134821.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_134821.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_135420.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_135420.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s594.photobucket.com/user/Woelwater2/media/20141116_135428.jpg.html][IMG]http://i594.photobucket.com/albums/tt22/Woelwater2/20141116_135428.jpg[/IMG][/URL]

Van hier af was dit 'n leisurely cruise al teen die kus langs tot by die huis.


Friday 10 October 2014

Tyd vir bietjie introspeksie


SOMMER MAAR NET

Een ding wat my verstand te bowe gaan, is hoekom ons so gejaagd is?? Aangesien ek redelik reis vir die maatskappy waarvoor ek werk kom ek met verskillende stede se mense in aanraking.

Kettingsaag het gemaak dat ek met dorpe se mense op die platteland en ander afgeleë plekke ook in aanraking kom. Gewoonlik na so trippie vra ek myself af? Is dit die moeite werd? Is dit die moeite werd om so te jaag? Na ‘n beter huis, beter kar, dubbelkajuit bakkie? Boot? Beter motorfiets?

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ons almal het drome en ideale. Maar wanneer is genoeg, genoeg. Wanneer begin die drome en ideale jou lewe oorheers en van jou ‘n mislukke mens maak. Die tipe mens wat sit met padwoede. Die een wat jou medemens langs jou niks gun nie?

Ons land sit met ‘n helse probleem met verstedeliking. Ek reken die mense op die platteland lag te lekker. Want die mense in die stede jaag van punt A na punt B. Werk toe, skool toe, huis toe. Ek is self skuldig hieraan. So ook baie mense wat ek ken.

Wanneer laas het jy gestop in Du Toitskloof en die mooi uitsig waardeer? In Bainskloof gestop en water uit ‘n bergstroom gedrink? Ek het ‘n dogtertjie wat oor minder as ‘n week 2 jaar oud raak. Ek het myself voorgeneem om haar groot te maak met ‘n liefde en waardering vir die natuur. Haar uit te vat en te wys hoe lyk diere, in die dieretuin maar ook in hulle natuurlike habitat.

Sy moet weet hoe voel die sand van die Namakwaland tussen haar tone, hoe ‘n skaaptjop smaak wat op gannabos gebraai is in die veld. ‘n Waardering hê vir elke seisoen. Van die winter met sy reën, tot die herfs met sy mooi kleure.

Ek reken stellig die mense in die platteland se lewensgehalte is baie beter as die mense in die stede. Jy leer om met minder oor die weg te kom. En om ‘n plan te maak. Ook om te beplan. Veral as jy op ‘n plaas bly, die naaste dorp 50km weg is en hulle 2 keer ‘n week vars vrugte en groente kry.

Vandat ek vir Kettingsaag gekoop het ‘n jaar terug, het hy my ontsnapping uit “Life in the fast lane” geword. My vrou en my vriende verstaan dit gelukkig. Een van die ongesproke reels in ons groep, sodra jy jou helmet oor jou kop trek, kom jou horlosie af, en tyd is irrelevant. Ek jaag elke dag ons als klaar te kry, betyds te wees vir vergaderings, deadlines etc. Op Saagie, jaag ek nie. En niks jaag my nie.

Dit beteken nie dat ek nie hou van stiptelikheid nie. As ons 8:00 vertrek op ‘n bike-trip is almal gewoonlik 8:00 daar en ons vertrek dan met ‘n uitbundige rustigheid, op ‘n nuwe avontuur. En die groot aantrekkingskrag van hierdie avontuur?? TYD.

Tyd om te stop net waar en wanneer dit jou geval. Tyd om te gaan speel met die bikes langs ‘n dam vir meer as ‘n uur lank in die sand. Tyd om elke 10km te stop en fotos te neem. Tyd om die ou langs jou te leer ken. Nie hallo en bye nie, KEN.

Ons eerste bike-trip deur die Moordenaars en Tankwa Karoo het ‘n groepie mense gevat waarvan sommige kennisse was en vriende gemaak. Met die 2de trip het ons die groep gegroei en nog mense bygevoeg. Mense wat dieselfde “common goal” het, mense wat die natuur geniet en motorfiets ry geniet.

Ek weet nie van ander nie, maar ek dink mense onderskat die waarde van die natuur. Van gaan sit en stilraak en net die normale dinge om mens inneem en bestudeer. Wanneer laas het jy ‘n koffiepit dopgehou? Reken daar sal mense wees wat nog nooit ‘n koffiepit gesien het nie. Of hoe rysmiere besig is om hulle nes reg te kry want die reën is oppad.

Ons MD het laasnaweek sy dogter aan die dood afgestaan. Sy was maar 27. In die fleur van haar lewe en nog so baie om te bereik. Hierdie dinge ruk mens tot stilstand. Laat jou soms ongemaklike vrae vra. Sulke tye doen ek gewoonlik introspeksie. Wat het ek hierdie jaar bereik? En as ek sê bereik is dit nie hoe sterk my bankrekening is? Het ek ‘n nuwe kar/bakkie etc gekoop nie.

Eerder watter verskil het ek gemaak. In my eie lewe, my vrou se lewe, my kind se lewe, my familie se lewens, vriende, werksmense?? Erens mag iemand dalk worstel met ‘n siekte. 3 min uit jou dag om vir daardie persoon te sê sterkte, of hoe gaan dit? EK dink aan jou. Maak die wêreld se verskil aan hulle. En dit kos jou NIKS!!!

Ek probeer elke dag met ‘n positiewe geaardheid benader. Onlangs is my kar se wiele reg voor ons huis gesteel. Ek het ‘n keuse gehad om woedend te wees en te kere te gaan, of om kalm te bly. Ek het kalm bly gekies. Geen gestres of gevloek sou my wiele terugbring nie. So hoekom so aangaan? Die upside was dat ek met die bike kon werk toe ry, al was dit ongerieflik omdat ek moes heen en weer ry om Lisa-Mari op te tel etc. Feit van die saak ek het dit nog steeds met ‘n glimlag gedoen.

In kort het ons almal ‘n keuse. Gaan jy toelaat dat jou verlede jou hede bepaal? Toelaat dat die ou/meisie wat jou seergemaak het hulle houvas op jou hou en jou weghou van ‘n potensiele lewensmaat?

Die lewe is kort. Bitter kort. En so gereeld kyk ons na ander mense en “judge” alte maklik.

Don’t judge other people, you don’t know what their journey is all about.

Op my pa se 60ste verjaarsdag het een van sy vriende hom gevra as hy almal daar kan raad gee wat sal dit wees??

Sy antwoord was eenvoudig: “Omring jouself met positiewe mense.”

Hierdie skynbaar eenvoudige antwoord dra eintlik so baie gewig dis scary. Ek pas dit in my lewe toe en die resultate is duidelik sigbaar.

Don’t judge other people, you don’t know what their journey is all about.

LEEF VANDAG. JOU OUDAG, EENDAG. WAS DALK VANDAG.

Tuesday 7 October 2014

Namatrap September 2014

Na afloop van ons Sutherland trip het ek al begin planne maak vir ons volgende trip.

Namakwaland toe!

Siende dat familie van my seker een van die mooiste kampplekke in daardie deel van die wêreld het moes ek net eenvoudig daar gaan draai, maar meer oor die versteekte juweel later.

Soos met als is die resep vir 'n lekker toer goeie beplanning. Ek het vroegtydig almal laat weet wat die beplande datum is en die meeste het dit so aangeteken en hulle dagboeke geskuif om dit te kan meemaak. Ongelukkig is daar sommige manne en dames wat dit nie kon maak nie. Gelukkig vir hulle sal hulle kan saamtoer deur middel van die blog.

Ons datum vir vertrek was vasgemaak vir Vrydag-oggend 26 September. Soos ek nou hier sit en tik is dit die 15de September. Ek sit met 'n lekker verkoue na die naweek en Woensdag tot Vrydag het ek 'n kursus in die stad. Erens die naweek en begin volgende week moet Saagie nog nuwe rubber kry en die exhaust bracket moet vervang word. Boeremeisie moet 'n broek en bootse kry sodat sy gekit is vir die trippie. Ek gaan 'n groter tent moet aanskaf en dalk ander matrasse ook.

Intussen het ons darem 'n ou vakansiedaggie gehad. Nie dat ek veel van 'n vakansiedag of 'n braaidag gehad het nie. Die skoonmense is besig om te trek na 'n nuwe huis en hulle moet 30 September uit wees so ek en Spykerkuif het ingespring en gaan help trek. Gedurende die trekkery stop ek gou op Villiersdorp om diesel in te gooi en sien hier staan 'n mooi Tenere. Kyk van nader en agter op die topbox sit 'n Wilddog en Roamafrica sticker. Oom Foe-rie!!!!  Was toe sommer lekker om paar woorde te wissel en 'n gesig by die naam te sit! Na die trekkery by die huis gestop en toe stop Kanarie nie lank na my nie. Geel Kameel kort nuwe sprockets en ketting. Uur later was hy oppad en ek het begin om my fiets se laaste parte op te sit. Op die stadium was ek nog vir my exhaust bracket en dis al Donderdag oggend. Vanaand lê die groot pak voor en more-oggend 8:00 val ons in die pad!!

Panda en Kanarie het by my opgedaag en die groot pak het begin. Baas Piet het sy opblaasmatrasse vir my geleen en ounag het ek nog gery om hulle te gaan optel.

Kanarie het gesê hy kort 'n haarskeer en so gesê so gemaak!



 
 
Soos 'n klomp mans maar is het ons ook gesê ons gaan vroeg slap. Vroeg raak toe 12:00!! My vriende sê al ek is allergies vir my bed. 4:00 was ek wakker. En dit het maar swaar gegaan om nog te lê tot 5:30. Die groep het afgespreek om mekaar 8:00 by Frankie's Corner Shop te kry aangesien 'n deel van die groep van Villiersdorp se kant gekom het, een van Bottelary, ons uit Protea Hoogte en nog 'n couple van Vredekloof.
 
Een reël wat ons vasgemaak het in die groep, is dat sodra jy jou helmet opsit, tyd irrelevant is. Ek, Chantelle, Kanarie en Panda het so net voor 8:00 'n reeds wagtende Ninja en Maanskyn  by Frankie's Corner Shop gekry. Sommer met die stopslag kon ek sien Duifie(Ninja se F650GS) is GELAAI!! Ons het gewag en Martin, 'n nuwe toevoeging tot die groep het arriveer op 'n Honda XR650 genaamd The Red Hammer. Martin het sommer gou ingepas en ons het soos normal eers uitgevra oor sy fiets ens.
 
'n Rukkie later het Hommel(Rudi) & Perdeby(Lilanie)F800GS, Klossie(Deo) & Vlossie(Rene)Dakar en Manie en Bernice op 'n 1200GS arriveer. Ons het gegroet en besluit om in die pad te val aangesien die weer redelik dreigend gelyk het. Ons het in die rigting van Malmesbury gery met die Klipheuwel pad.




 
Skaars het ons begin ry en die eerste druppel het geval. Gevolg deur nog 'n hele paar. Regte fyn Kaapse reën. Omdat daar 'n boerseun se bloed deur my are vloei, het hierdie reën my glad nie gepla nie. Ek was dankbaar dat die Here ons met 'n goeie reënseisoen seën. Al beteken dit ek reën nat op die bike-trip.
 
Die reëntjie was net genoeg om mens nat te maak, maar nie deurnat nie. 'n Entjie anderkant Mikpunt meer na Klein Wolwedans het die reën opgehou en het ons rustig gery tot in Malmesbury. Manie het voor ons vertrek het gese hy het 'n redelike hongerte op hom en die Wimpy was die regte plek om hierdie honger te stil.
 
Met die aankoms by die Wimpy was daar nie parkeerplek vir ons klomp motorfietse nie en ek het sommer op die laaisone gaan stop. Ek sien toe daar kom 'n mannetjie aangestap en hy is oppad na my toe. Hy vra toe of ons asseblief kan skuif aangesien hulle wag op 'n aflewering of 2. Hy stap toe en gaan soek vir ons parkering en wuif dat ons nader kan kom. Van die manne kry toe sommer onderdak parkering. Moet se ek was nogal beindruk met die gebaar. Kort voor lank het ons die Wimpy oorgevat en die manne het bestel en begin eet.
 
Na die ete het daar 'n groot bui reën uitgesak, reënjasse het uitgekom en toe die reën so effens skiet gee het ek Saagie opgestart en die uittog het begin. By die afdraai na Hopefield het ons links gedraai. Hierdie pad het ek baie lanklaas gery en ek moet se die windlaaiers teen die pad is bitter mooi en nogal indrukwekkend. Ons het gestop vir 'n rook-breuk en sommer bietjie die grote van hierdie enorme waaiers ingedrink.
 
Die laaste stukkie Velddrif toe het ek 'n bitter mooi Koedoe langs die pad gesien. By navraag of die ander manne hom gesien het, blyk dit toe dat ek en Chantelle die enigstes was wat hom gesien het. Ons het almal volgemaak by die garage en volgende stop was Laaiplek se hawe. Hier het ons 'n watergat raakgeloop en 'n lekker yskoue biertjie gedrink en sommer net lekker rustig gesit en gesels.






 
Na 'n koue bier of 2 het ons opgesaal en in die rigting van Dwarskersbos gery. Volgende stop Elandsbaai!!!
 
Ons het tot voor op die punt gery en paar fotos geneem. Vandaar het ons omgesit na Die Witmossel Pot.


 





 
 

 Vandaar het ons die laaste stukkie grondpad aangedurf tot by Lambertsbaai. Maar nie voordat ons 'n stop gemaak het by Muisbosskerm nie. Ongelukkig was hierdie trip so beplan dat ons nie by Muisbos sal kan eet nie, aangesien nie almal my liefde vir seekos deel nie. Hierdie is defnitief op my lys van plekke om te besoek in die nabye toekoms. Die Weskus maak vir van die beste sonsondergang fotos







 Volgende stop was Isabella's in Lambertsbaai se hawe. Ek het al voorheen 'n keer of wat daar geëet en ek het die manne in daardie rigting gestuur. Ek moet darem nou sê, ons het als bestel van calamari tot vis tot sushi en ek kan hulle regtig aanbeveel. Goeie kos teen 'n goeie prys!!
 
 




Die tyd het ons so bietjie begin vang en ons het die regterore gedraai oppad Doringbaai toe. Doringbaai was die laaste stop vir vloeibare verversings by die "apteek" op te tel. Terwyl die manne die "apteek" besoek het, het ek gesê ek gaan vooruit ry en fotos neem soos die manne verbykom. Ek het daar weggevlieg en Saagie se Two Brothers pyp bietjie laat praat. Later sou ek hoor dat een van die plaaslike manne daar gesê het: Da pakhaai ding!! Dit het toe die sê-ding van die naweek geword.
 
Skaars buite die dorpsgrense het ek 'n baie mooi aftrekplek gesien met 'n mooi uitsig oor die hawe. Ek kon dit net nie verbyry nie. Toe ek hoor die manne is oppad het ek pad toe gehardloop en die manne afgetrek sodat ons bietjie fotos kan neem.
 

Da Pak haai ding!!!!

 
 By Strandfontein aangekom het ons die betrokke partye gebel om vir ons die sleutels etc te gee. Na 'n redelike lang wag het ek en Kanarie die res van die span vooruit gestuur om te gaan kyk of hulle nie dalk nog die kafee oop kan vang nie. Die man wat die sleutels moet gee het ook darem arriveer en ons het ons sleutels gekry en afgery na die kafee.
 
 Ek en Kanarie het hom net betyds bereik en gou vir ons die nodige bymiddels en ys gekry. Ek moet net noem dat daar die mooiste Siamese katjie hier by die kafee ronddwaal. Was sommer lus en pak hom in. Ons het met vragte hout, Coke en ys die bulte aangedurf en ons kampplek gaan soek. Die manne het blitsig afgesaal en toe ons weer sien staan die tente en die slaapplek is reg!! My ma het altyd gesê: "As jy by enige plek aankom, sorg heel eerste dat jou slaapplek reg is." Die manne het sommer gou 'n vuur gepak en die hout was lekker droog. Gewoonlik as mens mos hout koop op sulke klein plekkies is dit nat.
 
Een van die dinge wat ek kan onthou van Strandfontein is die mooi strand. Ongelukkig was dit reeds donker toe ons klaar tent opgeslaan het maar die kamera is toe op 'n vaste basis gesit en die volgende fotos geneem.










 Met ons Tankwa trip het Panda vir ons kardoesies gemaak. Hommel het so lekker geëet dat ons besluit het hy maak op die volgende bike-trip die kardoesies. Net om hom bietjie te laat oefen sodat hy dit sommer maklik regkry. Perdeby, Bernice en Rene het foelie, aartappels, uie en botter ingepak en sommer gou-kyk toe het ons 3 fris kardoesies op die vuur. Van die manne ken dit nie en dit was nogal vir hulle 'n eye-opener oor hoe maklik mens lekker kan eet met min. Martin het met sy plaasvingers sommer die kardoesies so met die hand omgedraai. Later die aand het einste Martin sy steak oor die wasbak gaan eet om nie te mors nie(steak was meer rare as medium). Ons het sommer lekker vleisies getan en die manne en dames het diep lekker geëet. Aansienlik later die nag het almal gaan inkruip aangesien ons wees 'n besige dag gaan hê.
So met verloop van tyd tot op Strandfontein het Klossie gesien sy Dakar se agterste sprocket se tande lyk effens aan die yl kant. Die ekstra gewig van 'n pillion en al hulle bagasie het gemaak dat die ketting die tande gekou het. Saterdag-more met die opstaanslag is daar eers inspeksie gehou en beraadslaag oor hoe ons die saak kan beredder. Die vorige aand al is al wat 'n kontak is gebel en gewhatssapp net om nommers te kry vir 'n moontlike sprocket.
 
Soos met reën in die Namakwaland is sprockets toe ook so skaars soos hoendertande! Ongelukkig as gevolg van werksverpligtinge moes ons groep hier deel en van die manne moes terugdraai en 'n span van ons het nog aangegaan. Met Klossie se Dakar se sprocket wat 'n Kaapse flavour ontwikkel het sonder tande het hulle besluit om terug te draai huis toe. Manie en Bernice het raad gevra oor roetes en besluit om oor Wuppertal te ry na Cederberg Oasis.
 


 



 
Met die opstaan die oggend het ons maar so drupsgewys begin stort en oppak. Met die stortery ontdek ons die een ablusieblok se gas is uit en daar is geen warm water nie. Kanarie klim toe op die foon en bel die noodnommer.

Die frikkie aan die anderkant het toe nogal die vermetelheid om vir hom te sê ons moes self gekyk het die vorige aand of daar gas is. Dis toe net daar wat die gasbottel(Kanarie) vlamvat en toe is die gala aan. Soveel so dat die ou vir Kanarie sê hy is besig en gaan nie nou die gasbottel kom ruil nie. Die frikkie sit toe die foon sommer in Kanarie se oor neer en hy bel toe maar die volgende nommer op die lys. Die arme man was op verlof maar het gou-gou plan gemaak en nie lank daarna nie is die gaskan vervang. Dit nadat almal omtrent klaar was en ons so te se opgepak was.

Bo by die saal aangekom moes ons die sleutels teruggee en die laaste staanplek betaal. Ek en Kanarie is toe daar in en het vir die vrou by ontvangs vertel van die gesprekkie vroeer die oggend. Sy is dit toe eens dan dit onaanvaarbaar is en het gevra dat ons vir haar ‘n mail stuur en ook gesê ons hoef nie die laaste staanplek te betaal nie.

Die span het vandaar die krane oopgedraai om in Vredendal te kom aangesien die manne honger en dors was. Ek het êrens langs die pad onthou ek het nie my Camelback se onderste gespe vasgemaak nie en het gou gestop. Hommel en Perdeby het omgedraai om te kom kyk wat die oponthoud was. Skaars 200m verder sien ek daar gaan sy flikkerlig aan. Ek stop toe sommer langs hom in die pad aangesien mens daar die karre van volgende week al kan sien aankom. Hommel haal toe so wragtie ‘n kamera uit wat hy op sy helmet kan vassit!!!!


 


VER OOR DIE 300KM GERY MET DIE KAMERA IN SY TANKBAG!!!!! Asof dit nie genoeg was nie, het hy sy selfoon ook by die huis vergeet! Perdeby se kommentaar was dat as iets anders nie aan hom vas was nie was dit seker ook by die huis.

Ek het nogal hierdie punt gemerk met die GPS logger juis vir die blog. Meer oor die logger later.

By die afdraai na Lutzville het ons gestop. Ek het die manne gevra of hulle al ooit in Lutzville was en niemand was al daar nie toe sê ek maar dan ry ons soontoe. Met die inkom in die dorp het die kerk opgeduik en Kanarie het gesê ons moet daar inswik dat ons die dag op die regte manier begin. Hommel is intussen as die Ridders se Pastoor aangestel. Die groep het in ‘n kring gaan staan en Hommel het vir ons gebid vir bewaring op die pad. Van hier is ons Vredendal toe.
Net voor Vredendal het ons gou gestop om planne te beraam vir Klossie se sprocket. Ek het voorgestel dat ek by ‘n vriend op die dorp gaan stop en luister. Christo bestuur die sportwinkel op die dorp en hy het daar ‘n nommer gegee wat ons kan bel. Vandaar is almal Spur toe. Met die aankoms by die Spur het Manie al buite gesit met ‘n yskoue Draught.  Die bestuurder het toe sommer vir my en Ninja ook draughts gebring. Nou kyk ek is nie ‘n bier mens nie. Maar MAGTIE was hy nou lekker. Die manne het bestel en geëet. Hommel en Klossie het intussen nog rondgebel om ‘n sprocket in die hande te kry maar helaas. Enigste een is in die Kaap. Hulle het toe maar besluit om terug te draai. Manie en Bernice het vandaar die pad gevat Cederberg Oasis toe en ons sou Vanrhynsdorp en dan die N7 vat tot by die treinspoorpad.
Panda het by sy eie tafel gesit en ons het vir die bestuurder van die Spur gesê dit is vandag sy verjaarsdag. Hulle het hom toe 'n komplimentere Drom Petrol(Dom Pedro) gegee en lekker vir hom gesing. Daar is erens 'n video van dit wat ek nog sal invoeg. 

Na die lekker eet het ons gegroet en gou Checkers toe gery aangesien ons verversings en kos nodig gehad het vir die aand. Vandat die Checkers oopgemaak het was ek nog nooit daar nie en groot was die verbasing toe ek instap en sien JP is die takbestuurder! Ons het ons goedjies gekoop en dit is die enigste keer wat ek BAIE geld betaal het vir Natural Lamb by Checkers. Rede vir dit: Ek kan net nie in die hartjie van die Namakwaland sit en nie ‘n ordentlike skaaptjop eet nie. Ek het 2 steakies ook gekry en ons het nog foelie en uie oorgehad van die vorige aand. Die wat al ooit met ‘n motorfiets getoer het sal weet dat spasie ‘n baie groot probleem kan raak. 2liter Coke is soos ‘n krat Coke in ‘n motor. Ons het toe die makliker uitweg gevat en 500ml Cokes gekoop. Pas baie makliker in klein gaatjies in. Met als ingedruk in elke denkbare gaatjie het ons pad gevat in die rigting van Vanrhynsdorp. Hier het ons by die Caltex gestop, alle kanne en tenke volgemaak en op die N7 geklim rigting, Noord.

So entjie buite Vanrhynsdorp het ons gestop en eers ‘n rook-breuk gevat en ietsie koel deur die kele gejaag. Ongeveer 20km buite die dorp het die treinbrug opgeduik en ons het net voor hom regs gedraai. Van hier het die grondpad ons al dieper in die mooie Namakwaland ingevat. Van ons hele trip tot dusver, was hierdie die eerste stukkie pad wat ek nog nie gery het nie.




 
Hierdie pad is ‘n dienspad vir die Sishen-Saldanha spoorlyn en word baie goed in stand gehou. Hy het soos teerpad gevoel en ons het by tye sommer hier by 120km/h gaan draai. Panda het by die stop op die N7 al gesê  moeder Natuur roep hom. Ongelukkig omdat dit so droog is, was daar nie ‘n bos groot genoeg waaragter hy kan wegraak nie.


 Die kant toe?
 Daai kant toe??


 Daa pak haai ding!!!
 

Ons het toe gestop en hy het seker 300m gestap om agter ‘n treinbrug antwoord te gee aan Moeder Natuur se roep. Met Panda ‘n kilo of 6 ligter en almal weer vars na ‘n lekker bietjie water het ons verder gery. Martin het op een van die oorgange gestop en ons het eers ‘n paar mooi fotos geneem. Ons volgende stop was ook ‘n treinbrug. Die wêreld het al hoe meer bekend begin lyk en ek kon al bakens begin uitken soos Kubisko en Ezelskopvlakte.





Ek het van St.3 af elke jaar my 3 weke wintervakansie in hierdie geweste spandeer. Geboer, skaap bymekaar gemaak, windpompe reggemaak en gejag. Ek weet dat ongeveer 15:00 kom die trein van Sishen af daar verby. Manne was maar effens gatvol gery en het begin vra wanneer ons daar is. Ek het hulle gesê as ons die trein kry is dit nog so 30min se ry. Ek is toe redelik uitgehaal oor dit want hoe weet ek dit dan nou. Seker nie 15min se ry verder nie het ons die trein gekry. Nou vir die wat nie weet nie, hy is lank. MOER LANK!!!!











Ons het die laaste stukkie pad na die plaas Brakkie vining afgelê en toe ek die werf binnery het dit soos huis gevoel. Toe ek my helmet afhaal het oom Klaas in die skuifdeur verskyn. Soos met hierdie wêreld se mense is ons dadelik ingenooi. Ek het redelik lank terug met oom Klaas gepraat en hy moes bieg en het gesê hy het so half vergeet van ons. Toe die klomp bikers die werf binnery het hy gewonder of dit nou 'n span is wat van die dorp af hiernatoe verwys is? Nadat hy die CW nommerplaat gesien het, het hy geweet dis ek met die span en toe begin sy brein oortyd werk aangesien hy gedink het dat hy moet cater vir ons. Ek het hom gerusgestel en gesê ons het als saamgebring. Nou kyk, die mense wat die wereld ken, 'n beker koffie was nog nooit so lekker nie. Brakwater maak die lekkerste koffie, en dan met langlewe melk. Tannie Marthesia het vir ons lekker beskuit ook uitgehaal. Van die manne het net Coke gedrink en hulle monde het later gewater.
Oom Klaas het vir ons 'n ysmasjien ingelaai. Vroeer toe ons op Vanrhynsdorp petrol ingooi was Kanarie vreeslik opgewerk omdat ek nie vir hom kon se of daar ys is nie. Wel Kanarie, jy is sopas aangestel as die Minister van Verkoeling en Ys. Oom Klaas het voorgestel dat die vrouens eers 'n lekker stort vat en die manne solank opgaan kampplek toe om als te gaan regkry. So gese so gemaak. Intussen het oom Mick Hoon ook daar aangekom. Die wat hom ken sal weet hy is 'n storie-verteller sonder weerga. Ek is eintlik spyt dat ek nooit 'n video-kamera kon staanmaak en sy stories opneem nie. In al die jare wat ek in hierdie geweste kom het ek nog nooit dieselfde storie 2 keer gehoor nie.
Wat kry jy as jy 'n klomp manne loslaat?? CHAOS!!! Die paadjie op na Brakkie se Veldkombuis is in 'n baie goeie toestand maar het stukke wat elke biker se nekhare laat regop staan. SAND. Wel met 5 mans op dubbeldoel fietse, vrouens afgelaai, lekker vloeiende 2-spoor plaaspaaie met 'n jump of 2? LEKKER!!! TE lekker.
Ekself was die eerste "casualty" Met oom Klaas kort op my hake het ek die regteroor gedraai. Lekker gery tot ek my misgis het met my spoed deur een draai. Die ekstra gewig het dit nie maklik gemaak nie maar die eerste draai is ek deur. En toe sien ek dis eintlik 'n omgekeerde S-draai. Wel die 2de draai het ek nie gemaak nie. Instinktief het ek dadelik opgestaan oopgemaak en my roete gekies waar daar die minste skade sal wees. Ek het my regtervoet terselfdertyd geleidelik op die agterrem gesit en so 2 hobbels verder saggies teen 'n wal gaan stop en die fiets net sag neergesit op sy linker sy. Met die panniers op het Saagie gelukkig nie ver oorgeleun nie en kon ek hom maklik weer regop kry. Ek was 'n goeie 10-15m in die veld in en het maar opgeklim, 1ste gehak en gepaddle tot ek weer in die pad was. Van daar het ek gestaan en die krane oopgedraai. Dust yourself off and ride again!!!
Seker net so kilo of 2 op in die pad kom ek aangery en sien Martin se Rooi hammer staan skuins in die pad en Kanarie is ook daar by. Ek is toe met 'n redelike spoed agter hulle verby.
Later by die kampplek sal dit toe uitkom dat Martin vir hom ook 'n stukkie aarde gekoop het daar in die Namakwaland. Gewig op die gat, banddruk wat bietjie hard was en 'n sanderige middelman het die oorhand gekry van hom. Die man se skouer het bietjie houe gevat en so ook sy enkel. Later die aand sou die gespot begin; Doekvoet. Na aanleiding van Ninja se sê-ding op die Tankwa-trip: "As ek vandag geval het, het ek my binne-in 'n Boesman-tekening geval." Is Martin toe Boesman gedoop. Vir die wat nie weet nie is daar nog Boesman-tekeninge op Brakkie te sien. 
By Brakkie se Veldkombuis aangekom het oom Klaas die engine opgestart, stopkrane oopgedraai en gesorg dat ons genoeg hout het vir die nag.











Daa pak haai ding!!!!
Met die aankoms by die Veldkombuis het ek agtergekom dat 'n vol bottle Kaptein gesneuwel het oppad. Gelukkig was daar nog genoeg ander bottels om ons deur die aand te dra. Ek het saam met oom Klaas teruggery Brakkie toe en die vrouens gaan haal. Hulle was stomgeslaan oor hoe mooi dit is. As ek nou Ninja se woorde reg aanhaal: "Ek wag al die hele trip vir hierdie plek. Die ander mis uit!!" Ons het vuur opgesteek en in die lapa lekker op die kliptafel sit en kuier. Kardoesies is gemaak. Ou Kanarie was sommer heel in sy element. Skaaptjoppies op gannabos gebraai. Magtie man, KONINGSKOS!!!!
 
















 
 
Voor ons ingekruip het die aand, het ons vir Boesman paar pynpille gegee en die volgende oggend moes ons hoor hy het soos 'n klip geslaap.
 
Ons het rustig opgepak en Boesman se Rooi Hammer se wiele bietjie afgeblaas. Vandaar is ons terug na Brakkie waar oom Klaas en tannie Marthesia gewag het met 'n lekker koppie boeretroos. Net om dinge nog lekkerder te maak is daar vars plaasbrood, vet, boerbeskuit en silt uitgehaal. Die manne het omtrent ingelê.
 
 


 
Oom Klaas en nog 'n vennoot of 2 het vroëer die jaar die motorhawe op Loeriesfontein gekoop. Hy het vooruit gebel en Koos het bevestig hy is daar en wag vir ons. Ons het maar besluit om die veilige roete te volg en vol te maak op Loeriesfontein aangesien ons nie seker was dat die petrolpompe op Niewoudtville oop sou wees nie. Boesman se spaartenk agter op sy fiets het besluit hy kort bietjie petrol en toe hy die kan oopmaak spoeg hy hom vol petrol. Ons het besluit om gou 'n draai deur die dorp te ry en ek wou die manne die Windpomp Museum gaan wys.






 
Groot was die verbasing toe voor die Windpomp Museum stop en die deur is oop!! Ons is sommer dadelik in en die tannie was baie vriendelik en het ons so bietjie teruggevat na die vammeleë dae.
 
 







 Ek het as kind so stel dol osse gehad.
 

  
Toe ek in die skuur instap met die ossewa het ek hoendervleis gekry. Ons voorvaders het regtig met min oor die weg gekom en hulle was slim en vindingryke mense.











Ons het die dorp vaarwel geroep en toe ons die Kliprand afdraai verbygaan het die emosie oor my gespoel. Dis 'n wereld wat onder jou vel inkruip en hom hier diep in jou binneste kom vasmessel. Almal is dit eens. Ons gaan teruggaan.
 
 
By die waterval buite Niewoudtville het ons gestop vir 'n rook-breuk en toe die laaste stukkie pad aangedurf tot in Niewoudtville. Boesman was al erg honger en toe hy Lekkerbek se Pastei bord sien het hy dadelik daar ingeswik. Ons het almal weggelê aan die lekkerste pasteie. Gedurende die begin van die trip het ons agtergekom daar is 'n soeter tand in die groep as Chantelle. Boesman!! Dis die eerste keer in my lewe dat ek 'n man 'n groot slab sien eet asof dit 'n gewone sjokolade is. Kanarie het probeer om Boeremeisie se hare te ontkoek nadat haar hare uit die buff gekom het en die wind bietjie met hulle gespeel het.
 
 
 
 
 Ongelukkig moes ons hier vir Ninja en Maanskyn groet aangesien hulle nog moes terug Kaap toe.
Ons het verder deur die dorp gery en reguit anderkant uit - rigting Clanwilliam
 
Om het 'n entjie verder gekom op 'n kruispad, regs gaan ons Papkuilsfontein toe ry - 'n pad waaroor Deon Meyer in sy boek Ridders van die Grondpad geskryf  het. Links is dit Botterkloof pas. Ek het die manne gevra watter kant toe en Panda het gese ons gooi links.
Ek gaan defnitief nog terug om die Papkuilsfontein pad aan te durf.
 
 






 
 Ons het Botterkloof pas stadig gesak. So entjie onderkant die pas het Panda en 'n bakkie mekaar genader. Net toe hulle redelik naby aan mekaar is, besluit daar 'n steenbok om hasepad te kies. Reg tussen hulle deur!! Gelukkig het die bokkie spoed in sy lyf gehad en het niemand hom/haar getref nie.
 
Ons het oor 'n laagwater brug gery en toe word daar vir my beduie ons moet stop vir fotos. Ons maak ook toe so en dit was sommer lekker om so rustig langs die water te sit. By hierdie stop het ons ook 2 keer die roep van 'n visarend gehoor. Panda het vergeet om sy fiets se ignition af te sit en toe moes ek eers bietjie motorfiets stoot. Gelukkig het hy nie te lank gevat voordat hy gestart het nie.





Van hier het die manne die krane oopgedraai en ons het by 'n baie mooi laagwater brug gestop en eers 'n foto of 5 geneem. Bushmans Kloof het aan die linkerkant gelê en ek moet se ek is nogal nuuskierig oor hoe dit daar lyk. In die holte voor Pakhuispas het ons ook gestop en eers 'n paar fotos geneem. Die berge rondom mens is nog indrukwekkend, die pas nog meer so. Die rotsformasies is iets wat mens self moet ondervind.









 
Pas uit het Panda en Boesman die pap aangemaak en ek het self maar Saagie se oor gedraai. Kanarie het 'n rustiger aanslag op die berg gehad met Geel Kameel. Aan die anderkant van die pas het ek vir Kanarie gewag en vandaar het ons saam gery tot in Clanwilliam waar ons almal volgemaak het.
 
Van hier was die roete dam langs tot by Cederberg/Algeria kruis, dan oor Niewoudtspas na Jamaka en dan deur die Cederberge na Cederberg Oasis. Soos mens langs die dam af ry vurk die pad op 'n kol. Hier kan jy besluit om teen die dam en rivier langs te gaan regs, of 'n korter pad binnelands wat jou verby Jamaka vat. Ons het die korter roete gevat en Niewoudtspas uitgesny. Hierdie blyk later 'n wyse besluit te wees. Ons almal het al effens lam begin raak aangesien dit 'n redelike lang dag in die saal was tot dusver.
 
Anderkant Jamaka en Cederberg se kantoor het die pad begin versleg. Ons is deur 'n pas wat regtig asemrowend is. Dele van die pas is met plaveisel uitgelê en ek glo dat mens in die winter so ver as moontlik probeer wegbly uit die pas uit.
 
Anderkant die pas het die pad aansienlik versleg. Ons het al hoe meer versigtig begin ry aangesien daar redelike groot klippe op die pad was en hy ERG los was. Met sulke swaar gelaaide fietse het ons dit maar rustig gevat.
 
Op hierdie stuk pad moes Saagie êrens bietjie op 'n diëet gegaan het en het sy nommerplaat afgegooi. My GPS logger het ook sy alie gesien waaroor ek baie spyt was aangesien ek nie die res van die roete kon log nie. Ek moet se teen hierdie tyd was ons almal se gatte redelik lam en ek het al 'n enkel Kaptein en Coke geproe!!
 
Ek sal graag wil weet wie van die groep was die blyste oor die bord wat se: Cederberg Oasis 2.5km??? Ons het die laaste stukkie na die Oasis gesak en met die afklim slag kom 'n man aangestap en stel hom voor as Gerrit. Hy het so vining ons name gevra en toe sommer gesê ons moet saamstap sodat hy vir ons kan verduidelik hoe dinge werk. Ons kamers is vir ons aangewys en ons het vandaar direk deurgestap na die kroeg-area.
 
Hier is ons vinnig verduidelik dat dit 'n honesty bar is. Ons het 'n file gekry waarin ons, ons drank etc moes neerskryf. EK WAS STOMGESLAAN!!! Wanneer laas het ek so iets teëgekom? Ek glo met die wonderlike mense wat Gerrit en Chantel is, en die tipe mense wat hulle trek het hulle nog nooit 'n probleem opgetel met hulle sisteem nie.
 
Gerrit het gese ete sal effens vroeer wees aangesien dit 'n Sondag was. Ons het lekker gaan ontspan en het daardie Kaptein en Coke nie lekker gesmaak nie!!! Ons bestellings is geneem en Chantel het begin gaarmaak. Ons 5-manskap het ribs bestel. Nou kyk, as jy nog nie ribs by Cederberg Oasis geeet het nie, het jy nog nerens ribs geëet nie. Ek is glad nie 'n groot voorstander van ribs eet nie. Morsige besigheid, maar tussen ons 5 het ons die term blinkbek nuwe betekenis gegee. Jy weet 'n rib is lekker as jy die been oplig uit die vleis en sommer met min tot geen moeite uit die vleis trek. Die rib was so groot hy het die hele bord volgelê. Die skyfies bring hulle in 'n kleinbordjie!!









 
Panda het die vorige dag die moerbeie raakgesien. Nou ek het as kind laas moerbeie geëet. Wat beteken ek het die volgende oggend bietjie gaan weglê aan die boom se moerbeie. Te lekker.
Ek het vroeg rondgeloop en fotos geneem aangesien mens die mooiste fotos neem as die dag breek. Die res van die span het later ontwaak. Chantel het toe vir ons 'n bitter lekker ontbyt gemaak. Ons het stadig opgepak en gou ons rekening gaan vereffen. Nou vir my en Chantelle(Boeremeisie) se verblyf en ontbyt, 2 x rib en chips, 'n single Kaptein en Coke, Single Spice Gold en Coke, Hunters Dry vir R775!!!! WHAT A BARGAIN!












 
Ons het totsiens gesê en ek en die manne gaan defnitief terug soontoe. Met die wegry het Boeremeisie gesê: "Wanneer julle weer die kan toe kom, ry ek saam."
 
Die pad na/van Cederberg Oasis is asemrowend. Ek het êens op 'n kol gestop en vir Boeremeisie gesê-vra: "As ek vir jou gesê dit lyk so? Sou jy my geglo het??" Haar antwoord was nee. Hulle sê: A picture is worth a thousand words. Matewis sê: "Experiencing it yourself, it worth a thousand pictures."
 
Ek moet sê dat as iemand hierdie pad van Cederberg Oasis  af, in die rigting van Op-die-berg die eerste keer ry, hulle dit baie stadig moet vat. Daar is 2 draaitjies wat my amper uitgevang het. Ek het op die rand van die pad gaan draai op die een draai en Kanarie is ook uitgevang met dieselfde draai.
 
Net voor Mount Ceder het ek gestop en 'n hele rukkie gewag sodat almal in die groep weer opvang. Toe die gewag te lank raak na my sin wou ek net omdraai toe die manne om die draai kom. Oor die laagwater brug anderkant Mount Ceder het ons gestop.
 
Die slotsom: Panda het geval!!!
 
Die een draai het hom ook uitgevang en sy voorwiel het padgegee. Gelukkig het dit op baie lae spoed gebeur en die ego was meer broos as sy lyf en fiets. Ons het gou die skade bekyk en tools uitgehaal en die flikkerlig reggebuig. Panda het ons verseker hy is ok en van daar het ons baie rustig gery tot by die Kagga Kamma kruispad. Hier het ons gestop en eers weer rustig na Panda se fiets gekyk.
 
Het vinnig 'n verstelling aan die crashbars gemaak en 'n foto of 2 geneem.









 
Die Swart gevaar het so bietjie karakter gekry.

 
 
Van hier het die manne laat waai. Teerpad en ons het lekker in gelid gery in die rigting van Ceres. Bo-op Gydo pas het ons eers gestop vir 'n paar fotos.



 
 

Ons volgende stop was Ceres. Hier het ons volgemaak en vandaar gery tot by Slanghoek se afdraai. Panda se roete het deur Worcester geloop en ek, Boeremeisie, Boesman en Kanarie sou Du Toitskloof oor huis toe. Ons het gegroet en Kanarie het voorgevat en sommer laat waai. 
 
Bo-op Du Toitskloof het ons vir oulaas gestop en paar fotos geneem. Gegroet en toe het elke man sy eie rigting ingeslaan. So 10km voor die huis het dit begin reën en om als te kroon was daar 'n ongeluk op die N1 by Brighton Road. Maar wie worry, ons ry 'n DS(Dual Sport). Ek het sommer kortpad deur die middelman gekies en ons het deur Kraaifontein huis toe gery.
 
Arme Boesman het bietjie meer as 'n week na sy val eers vir x-strale gegaan en ons wag nog op die uitslae. Hoop nie dis te ernstig nie.
 
Bietjie tegniese detail:
Afstand afgelê: 1106km
Randwaarde van Petrol ingegooi: R719.31
Liters ingegooi: 53.36liter
Gemiddelde Petrolverbruik: 20.72km/l
 
Iets wat my weer opgeval het is die gasvryheid van die mense by wie ons oorgebly het, asook die gesindheid waarmee hierdie groep mense dinge aanpak. Was soos altyd 'n voorreg om saam met hulle die mooi van ons land te kon deel.
 
Grootste dank kom die Vader toe wat almal weer veilig tuis gebring het sonder enige groot beserings.
 
Beplanning begin nou aan die volgende groot trip. BAVIAANS!!!