Saturday 18 January 2014

Paarlberg raak toe Ceresberg

Hier net voor kersfees het ek al 'n tydjie lank in die beplanning 'n trippie teen Paarlberg uit en op tot by die damme en van daar Ceres toe om steak op te tel vir Kers-ete.

Als het mooi geloop tot so 2 dae voor die tyd. Toe koop die een man 'n BMW, en die ander ene ry sy olie-seel dat hy nou nog teen die pad le. Toe besluit ek en Spykerkuif ry gaan ons ry.

Oggend staan ek op, kit en val in die pad. Die ontmoetingspunt was Paarl McDonalds gewees en ek stop toe om gou petrol in te gooi. In die tyd lui my foon, Spykerkuif.

Met die antwoord hoor ek toe sommer die man se gemoed is nie lekker nie.  Hy se toe die Twin gooi sy agterste plugs dood en hy sukkel nou om ander plugs in te draai. Ek laat weet toe ek kom sommer deur tot op CW dan kan ons vandaar besluit waarheen.

Ek druk toe die Kettingsaag se neus in Worcester se rigting en draai die ou se oor. Op Worcester aangekom hoor ek die weer dreun uit die garage en daar is nie eers 'n enkele wolkie in die lug nie. Toe weet ek, hier gaan dit gerook.

Met die instap in die garage toe sien ek sommer ek sal nou eers moet dop gooi om die gemoedere te kalmeer. Ek maak ook toe sommer so en stap weer die garage binne. Ek gee toe eers die branfien aan en vra toe wat is die moeilikheid.

Langstorie kort, die Twin se agterste plug sit baie skuins en mens het 'n spesiale tool nodig om daar in te kom. Ons het eventually Autozone toe gery en 'n tube-socket gekoop en ons eie plug-spanner geprakseer. Ons kry darem toe die plug dat hy vasdraai en toe is dit ook al amper 11:00.  Ons besluit toe om sommer Brandwacht om te ry en vandaar die pad Ceres toe te vat.

By my ma'le se huis op Worcester draai ons toe regs en ry lekker rustig deur die buurt tot verby die trimpark. Na die trimpark maak ons so bietjie die krane oop. Nou die pad maak 2 sulke lekker S-draaie dan gaan jy deur 'n dippie, 90-grade draai na regs en dan klim jy Leeu se nek. Spykerkuif het voor die pas aangegee en ek het so bietjie agter geraak. Deur die S-draai gee ek toe so bietjie vet om in te haal. Toe ek die 2de S uitkom sien ek die Twin se briekligte, 'n bussie aan die regterkant van die pad met sy neus na my toe, en 'n Hyundai i10 se agterkant in ons baan. EN ALS STAAN BOTSTIL!!!! Nou as daar enigsins borde op was wat mens waarsku dat die pad gesluit is, en ek het soos 'n hooligan gejaag, sou ek glad nie kwaad gewees het nie want dan was ek onverantwoordelik.

Ek klim maar toe op die agterrem want ek sien toe Spykerkuif gaan gestop kry, maar ek nie. Toe ek my weer kom kry is ek dwars oppad na die i10 se gat en toe weet ek daar is net een genade, LINKS VERBY. Dank Vader ek ry 'n D/S. Volgende obstacle is toe die padteken bord wat links sit en ek moet toe mooi mik om tussen die i10 en die padteken deur te glip. Genadiglik dop ek deur en ek vang so uit die hoek van my oog hier spring 'n ou uit die bussie om my te prober keer.

Gelukkig was my visor toe so hy kom nie hoor wat ek hom als noem nie. Hy gooi sy arms in die lug en toe praat ek maar vingertaal met hom terug. Toe ek links kyk sien ek hulle is eintlik besig om 'n movie of 'n advertensie te skiet. Met die besluit ek toe, te moer met julle advertensie en draai die Kettingsaag se oor. Nou kyk, die exhaust is glad nie sag nie. Ek weet hulle sou wat ookal hulle geskiet het moes oordoen want toe ek die draai uitgaan sien ek agter my kom die Swart Mamba ook. Agter by die kruis stop ons toe en wissel gou paar woorde. Spykerkuif vra toe of ons nie moet terugry en die ou se kar vol duike moet gaan skop nie(ek was baie tempted). Vandaar vat ons toe pad Ceres toe.

In Ceres het ons gou gestop vir petrol en toe gaan kry ons gou steak in Hamlet. Met die terugkom besluit ons toe dis darem vrek warm en ons gaan moet stop vir 'n ietsie vir die maag aangesien ons albei toe al dun was - by wyse van spreke. Eerste en beste plek is toe sommer die restaurant by die Witbrug. Soos ek in my vorige blogs gese het, mens is altyd haastig en dan jag jy net om op die einde te kom, hierdie is dieselfde geval. Ek het 5 jaar in Ceres gewerk en nooit hier gestop nie en kan nie glo ek het hierdie juweel gemis nie.

Ek en Spykerkuif het met groot gedreun daar aangekom en is nogal aangekyk toe ons afklim. Ons het die opset so uitgekyk en toe sien ons hierdie is sommer gemaklike mense. Daar het 'n groupie buite in die swembad gesit aangesien dit diep warm was. Ek en Spyker het ons toe op die stoep gaan tuismaak en rustig gesit.

Mense is vriendelik en het ons in Afrikaans gedien wat 'n groot plus op my lysie is.
 Die uitsig van die stoep af

 Gin en dry-lemon vir Spyker en 'n Kaptein en Coke vir my.

 DIEP lekker Chicken burger en chips.

Van hier het ons besluit om sommer Bainskloof oor te ry aangesien dit so lekker dag was. Houghie het ook gese hy het 'n pakkie om af te lewer en toe besluit ons om mekaar in Zu'bar te kry. Hy het die koudste bier gewaarborg en ons was heel gelukkig met dit.

Met die hitte het daar oral in die pas mense gestop en in die rivier geswem. Moet se dit sou nogal lekker gewees het. Mental note: Pak swembroek in voor ek weer enigsins op biketrip gaan.

Halfpad boontoe het ons eers gestop vir 'n fotosessie. Dit was maar 'n vining stop gewees want in die hitte wou ons nie te lank stilstaan nie. lugvloei help darem om af te koel.





 Stoppie bo-op die berg om die uitsig te waardeer.



 
 Biertjie saam met Houghie in Wellington.

Van hier het ons paaie weer uitmekaar geloop. Ek is terug Kaap se kant toe en Spykerkuif het oor Du Toitskloof Worcester toe gery.

BAIE warm dag maar baie lekker om die natuurskoon om die rug van 'n yster te geniet.
 

 

 

Thursday 16 January 2014

Spykerkuif, Matewis en die Breede Bash

Nadat ek die Kettingsaag gekoop het, het ek by 'n forum genaamd Wilddogs aangesluit. Aanvanklik eers bietjie die dam en sy ganse uitgekyk en toe gesien maar die meeste van hulle is net so laf soos ek. Lekker man lekker. Gawe mense wat mekaar so af en toe bietjie byt en dan weer aangaan.

Sommer dadelik tuis gevoel en toe dop hierdie Breede Bash eendag voor my op. Aangesien ek en Spykerkuif(My Heavy) of swaer in mooi Afrikaans albei reeds die Saterdag aand planne gehad het, het ons besluit om die Vrydag al deur te ry en langs die rivier te gaan kamp.

Vroeer die betrokke week moes ek Ceres toe om suppliers te gaan sien. Soos die gewoonte al is het ek by oom Hempas gestop by Hamlet Slaghuis en vir ons 2 monster T-bones gekry vir die Vrydag se braai.

Kom ek stel dit net gou in perspektief. As ek Ceres toe gaan, koop ek steak daar en was nog nooit spyt nie. Ek is eintlik 'n rump of sirloin man maar het besluit dis tyd vir 'n verandering. Het oom Hempas mooi gevra om die T-bones lekker dik te sny. Hy het my gedagtes mooi gelees en toe maak hy die lem op so ongeveer 3cm dik staan. Hy het net opgekyk en toe hy my vang het hy gesny. Sommer geweet dis wat ek wou he. Ek koop al amper 10 jaar steak by hom en dis lekker as mens sommer so tuis voel.

Soos 'n goeie vriend van my eendag gese het, jy sorg dat jy 'n  goeie verhouding met jou God, jou prokureur en jou blokman by die slaghuis het.

2 x 750g steaks later in 'n lekker sousie het die nwk gewink.

Donderdag het gekom en ek het gesorg dat die Kettingsaag gepak is sodat ek sommer Vrydag na werk in die pad kan val. Intussen het die groupie wat Vrydag sou kamp mooi gegroei(eintlike kuier is eers die Saterdag) en Legadema het met my kontak gemaak om te hoor of ons kan saamry van die tonnel af.

Ek het so bietjie laat weggekom en maar binne die spoedgrens gehou aangesien mens nie weet waar die Bewakers van die koeltebome skuil om duur fotos van jou te neem nie. Toe ek by Legadema aankom was hy net besig om op te kit om te ry. Ons het vinnig gegroet en toe se hy ek kan maar laat waai. Nou hy het 'n Katoooom gery, vir die wat nie weet nie, die goed is morsig vinnig. Ek het toe maar aangestoot Du Toitskloof pas uit en hy het defnitief rustig gery. Net so voor Worcester het die blits op my afgekom en toe het ons saam gecruise tot by Spykerkuif se huis. Daar aangekom het ons hom bietjie aangejaag sodat ons kan ry aangesien hy inmeng met ons drink-tyd.

'n Vinnige stop by die "apteek" vir die nodige "medisyne" en ons was oppad. Spykerkuif het voor gevat met die Swart Mamba, dan Legadema en dan ek.  By Brandvlei het ons afgedraai en sommer die eerste grondpaadjie weer links en toe ek weer opkyk sien ek net stof en toe dop Spykerkuif voor my uit.

My maak ook toe maar die pap aan en ek het terug gehang sodat ek nie in sy stof ry nie. Ons het toe afgedraai by Rivierplaas en darem toe vir Legadema opgespoor waar hy al rustig rondgestaan het.

By navraag het hy gese hy het maar die Katoooom se oor gedraai om darem net te kyk of die ou nog 180 op die grondpad kan loop. HECTIC!!!!

Ons het afgesaal en gou kamp opgeslaan maar nie voordat ons eers ietsie vir die keel gegooi het nie.

Nadat ons slaapplek vir die nag reg was( my ma se altyd solank haar slaapplek reg is sien sy kans vir baie) het ons gaan kennismaak met die ander manne wat ook die Vrydag deurgekom het. Uitgevind die manne is van Hermanus en een van hulle ry 'n lekker DR.

Met die het ek eers fotos geneem en aan die minderbevoorregtes (Basson van der Spuy) gestuur wat ook 'n DR het. Die boodskap wat ek terug ontvang het kan ek nie hier weerle nie aangesien ek bang is daar is familie-mense wat dit lees. Ons glo hy sal volgende jaar hierdie een mee-maak.

Ek het so bietjie rondgekyk, toe se die manne ons moet oorstap na waar die vreugdesvure brand.
Daar aangekom met net glas in hand het ons kennis gemaak met die ander manne en toe ek weer sien sneuwel die voggies in my glas. Nou die wat my ken weet ek drink rum. En net een soort. KAPTEIN. Spykerkuif het my so gekyk en gese, ons het mos nie gekom om te loop nie. Toe se ek nee. Ons het toe sommer die Kaptein en die Pepsi gaan haal en saamgebring vuur toe.

Die manne was nie skaam met hulle hout nie en ook nie met die ys nie.
 
Mental Note to self: Remember the ice!!! Aangesien ek met die vorige plaasnaweek die ys vergeet het en nou nog die prys vir daai een betaal.
 
Dis vir my altyd wonderlik hoe mense van heeltemal verskillende agtergronde, met verskillende verwysingsraamwerke en verskillende ideale,drome en idees kan saamkom en saam kuier wat slegs een belangstelling deel. Hierdie naweek het dit net weer bewys. Maak nie saak wat jy doen, wat jou bankbalans of jou claim to fame is nie. Ons het een passie gedeel. Avontuur. En meer spesifiek, Avontuur-fietse.
  
Ek dink die volgende foto som 'n biker mooi op:
 
Die vure het gebrand, die voggies gevloei en toe pluk ek daai 2 monster-steaks uit en die manne se monde begin water. Ons 2 steaks het die rooster vol gele. Ek was die braaier en Spykerkuif die skinker. Ek wou nou se ons het 'n skilpad braai gehad(min vleis en baie dop) maar ek sal lieg as ek so se.
Een steak het 'n grootbord vol gele so ons het net steak geeet.
 Kettingsaag en die Swart Mamba

 Spykerkuif, die smile se dit als






 
Vroegerig die aand hoor ons 'n mooi dreuning. Toe ons weer sien dop daar 'n V-Strom uit. Man genaamd Chris as ek reg onthou al die pad vanaf Swellendam.
Die pad van Swellendam was lank en die week bedrywig.



Legadema mors nie nog tyd met tente nie!








Lekker buite stort!!!

 

Soos gewoonlik was ek al vroeg op 4:00 nadat ons so rondom 1:00 gaan slaap het. Met die opstaan het Legadema ons getreat met 'n lekker koffie. Dis seker die eerste ding wat ek vir my gaan kry voor my volgende trip. 'n Beker en keteltjie sodat mens koffie kan drink.

Van die Worcester manne wat ook Bash toe sou kom het so drupsgewys begin aankom en toe raak die manne honger. Besluit is geneem om so bietjie Robertson toe te ry vir 'n lekker brekkie by die Dros. Manne het in gelid ingeval en die grondpad gevat. Aangesien ek en Vader Tyd 'n afspraak met mekaar het as ek op die bike is, het ek die agterhoede gebring.

Later van die manne verbygegaan en by die Dros aangekom en so bietjie reggestaan vir 'n paar kiekies.









 
Na 'n lekker brekkie en 'n voggie of 2 het ons in die pad geval Rooiberg Kelder toe. Hier sou ons regs draai en die grondpad vat Nuy toe. Ek het sommer weggevlie en voor gery.
 

Oppad Rooiberg toe kyk ek in my spieels. Daai gevoel wat so teen mens se rug opkruip en jou hoendervleis gee, dis hoe ek gevoel het met ‘n stuk of 10 bikers agter my. WOW!!! Wel net voor Rooiberg gaan ek ‘n lorrie verby wat afgetrek het om plek te maak vir ons om verby te kom. Halfpad verby die lorrie hoor ek Kettingsaag se 2-stroke het ingeskop en hy dreun aansienlik harder en dieper. Ek is min gepla en draai die ou se oor net verder met die gedagte dat die klank teen die lorrie vasslaan en terugslaan en vir my harder klink. Lorrie verby hoor ek maar die dreuning verander nie en dis toe dat ek my linkerhand uitsteek en voel waar die exhaust is. Guess what, A WHOLE LOT OF NOTHINGNESS!!!! Nou kom ek plaas dit gou in perspektief: Dis ‘n Two Brothers pyp, Carbon Fibre en my broer het hom saamgebring uit Amerika. Skat hy is so R4500 werd so toe begin ek al woordeboeke herskryf. Trek af en draai om. Spykerkuif het agter my gery en in sy verduideliking later se hy dit het gelyk soos iets uit ‘n movie. Die pyp het losgekom by die pop-rivets en woerts daar gaan hy. Spyker het eers geswenk na links, toe na regs en gelukkig toe die pyp grondvat skiet hy oor die pad en eindig aan die ander kant in ‘n bos op. Mapsource en nog ‘n man of 2 het gestop en toe begin die soektog. Eventually het Spykerkuif hom gekry waaroor ek baie bly was. Wonder bo wonder was hy nog heel(bewys van hoe sterk  Carbon Fibre werklik is).

 
 
 

Ons het die manne meegedeel hulle moet maar verder ry en dat ons eers terug CW toe gaan ry om hom te gaan regmaak.

 

Nou 100km/h met ‘n af exhaust is nie my idee van fun nie. Op hierdie stadium het ‘n Rotary met ‘n 76mm exhaust niks op my gehad nie, sou hom laat skaam lyk. My Spykerkuif aangekom het ons eers ‘n branfien gegooi want toe  was ek diep dors aangesien dit varkwarm was. 
Ons het die pyp reggemaak en ‘n  uur en ‘n half later het Kettingsaag weer soos ‘n 4–stroke gedreun en toe besluit ons om sommer  Slanghoek toe te ry aangesien dit ‘n mooi pad is en ons by Dam Fine CafĂ©(Boshimela) kon stop vir ietsie vir die keel. Ek en Spyker het  besluit om fietse te ruil aangesien ek nog nie met die Swart Mamba gery het nie.
Daar aangekom besef ons ons het nog niks geeet nie.  Lekker bord chips en ‘n Passionfruit en lemonade verder val ons in die pad oor die nek oppad na die laagwaterbrug. Daar het ons gestop en toe het ek eers ‘n profile-pic vir en van Spykerkuif geneem op die laagwaterbrug. Hiervandaan is ons terug huis toe.
 
 
 
 
Luilekker spin om die naweek af te sluit. Laastens wil ek net se dat Rivierplaas sommer 'n lekker plek is om te kamp. Vir 'n naweek of lang.
Ek het net weer besef oral om ons sit ons met sulke juwele wat ons nooit van weet of sien nie. Dit laat dink my aan die volgende:
Many moons ago het so kort ronde mannetjie saam met wie ek gewerk het 'n paar windgat laaities koudgesit.
Ons het so 60km buite Tzaneen op die Eiland pad een aand gebraai soos die gebruik was. Een van die manne daar nooi toe 2 van sy pelle oor om saam te kom braai. Want ons is mos darem gasvrye Kaapse manne. Hulle kom toe met groot bravado daar aan. Miskien moet ek net se dat hulle toe vars uit de skool is en op daai stadium is wat hulle als weet en almal kan vreksuip. Needless to say was ons toe al 'n KWV of 2 voor. Hulle kom brag toe oor hulle oorsee gaan en die een was al in Europa en na so 10 minute vra ou Ambrose vir hulle twee: "Nou se my was julle al in die Kaap?" Nee antwoord albei. Toe se Ambrose: "nou hou asb op met $^* praat, as jy nog nie in die Kaap was nie, was jy nog nerens." 10min later toe is die 2 Frikkies skoonveld en hulle los hulle cooler vol kos en drank net so. Hulle het die volgende oggend 'n lee koelboks kom haal.
Ons is altyd opsoek na die juwele daar ver, Kruger Wildtuin, Namibie, Botswana, Amerika en so kan ek aangaan. Maar die werklike juwele wat 'n klipgooi van ons af is. Mis ons.
Sommer net so gedagte vir die dag.