Sunday 2 February 2014

Tafelberg uit vanaf Constantia Nek - 5 damme

Ek het 'n ruk terug toe ek net in die Kaap gekom het Tafelberg saam met die werksmense afgestap deur die Platteklip ravyn.

Toe Jani vir my vra of ons lus is om saam met haar die Constantia Nek roete te stap het ek gespring vir die geleentheid aangesien dit 'n nuwe avontuur in die natuur is.

Ek het begin Whatsapps stuur en mense invite en my swaer en sy vrou sou hoeka die nwk deurkom. Toe ek hom se van die stappery het hy gese hulle is in.

So breek die week voor die stap toe aan. Ek het 'n rukker van 'n week gehad. Laat gewerk elke geleentheid wat ek kon en het intussen 'n QC Conference se finale reelings getref. Werk het ingestroom die hele week lank, specs oorgeskryf wat moes uitgaan. En om als te kroon het die baas my 'n jawbreaker gelos die Donderdag, ons moet fotos van die produkte op die specs insit. Intussen het ek nog Kettingsaag se waterpomp ook oorgedoen.

Vrydag het aangebreek en die mense wat gese het hulle gaan saamstap was: Jani, Robin, Chantelle, Spykerkuif(Philip), Jeanne en ek.

Ek het later op 'n stadium buitentoe gestap. Met 'n skok besef ek dis VREK warm buite. Soos in stap terug, gaan haal die thermometer en meet warm. Temperatuur kom toe op 39.3 grade Celsius te staan. Eerste ding wat ek toe doen is om die weer guru te gaan spreek. YR geraadpleeg om te sien hoe lyk die weer vir die Saterdag.

Low and behold: 24 grade met mis. AWESOME!!!!!!

Boodskap het gou uitgegaan na al die betrokke partye en die verligting was tasbaar na die dag se hitte.

Opgewonde het ons gaan slaap die aand wetende ons moet vroeg opstaan. Nie dat dit my pla nie want dis gewone tyd vir my. Erens in die vroee oggendure het ek wakker geraak en gevoel dis koel buite. Een kyk by die venster uit het my vermoedens bevestig: DIS MISTIG.

Wekker het afgegaan en ons het begin regmaak vir die tog. Skoonma'le het opgedaag om na Lisa-Mari te kyk vir die dag en nie lank na dit nie toe daag Spyker en Jeanne op. Intussen het Robin gebel en gese hy moet net gou petrol ingooi en dan kry hy ons op die afgesproke plek. Ons het ons kos en water gepak en in die pad geval. Lekker rustig Constantia toe gery en die omgewing ingedrink. Aangekom by Constantia Nek het ons gestop, nodige dinge weggesluit en toe begin die staptog.






Ek moet se, die berg is nogal intimiderend. As jy dink dat jy met die kabelkar tot op 1063m bo seevlak styg, en nou gaan jy hom te voet aandurf is dit nogal 'n rowwe gedagte. Waarvoor het ek my ingelaat. Maar, ons is hier, en ons gaan ons nie laat onderkry nie.

Ons het met die gemoedere hoog weggetrek en sommer van meet af het ek gesien hierdie gaan 'n diep lekker dag raak, veral met die dat ek aan onttrekkingsimptome begin lei het. Onttrekkingsimptome van kamera en fotos. Ek het sommer daad by die woord gevoeg en begin kiek.
Om my in ingils uit te druk: What better backdrop for taking photographs, than the one God painted with his own hands?? Why?? Because it's perfect.

Die begin klim was nie te rof nie. Ons het 9:00 in die oggend mense gekry wat al oppad af is. Meeste mense stap met hulle honde en ek moet se, die mense is vriendelik en almal groet mekaar. Dis half asof daar 'n "secret code" bestaan en dit het my herinner aan die motorfietsryers. Ons almal groet mekaar, of jy 'n Vespa scooter of 'n KTM ry, dit die ongeskrewe reel.





As mens langs hierdie ou bome staan voel jy nederig.




Ons het goed gestap en ek was nogal verbaas oor die algemene fiksheid van die groep. Jani natuurlik 'n fitness freak het die oggend net gou gaan draf om die litte los te maak vir die berg se klim. Ons het hier nog net so effens opgekyk en niemand het eintlik verwag wat voorlê nie. Jani die enigste een wat die roete al gestap het en geweet het hoe lyk die roete. En Route het ons mense raakgeloop wat almal gesê het geniet dit ens.
 They say a picture is worth a thousand words. So I don't have to saw any more.







 Tot die skoenlappers het uitgekom om ons stappie net nog lekkerder te maak. Die eerste een van vele.

 Rus 'n bietjie en vat 'n watertjie.

In laasjaar was daar groot reëns en dit het tot hierdie grondverskuiwings(mudslides) gelei.

 Die bruggie lyk nie te ver van ons af nie. Kan ek julle se dit was VREK ver tot daar.
 

 Caught in the act
 Die pad boontoe
 Die pad ondertoe
 Hellling van die berg
 Chantelle pose vir 'n fotokie!



 Jani op die bruggie
 Al die dames "pose" vir 'n foto op die bruggie
 ONS IS BO!!!!



 Ek en Chantelle
 Moenie kyk nie maar Robin trek sy maag in. Kan sien die tande dra nie kombers nie.

 Dam nommer 1!

 'n water stop

 Sien, dis waarheen ons oppad is.



 Dam nommer 2




Terwyl ons so stap vang ek uit die hoek van my oog hierdie klip met 'n gat in. Wat is dan nou beter as die natuur wat vir ons sommer self 'n raam voorsien vir 'n awesome foto?? Een van my favourite fotos vir die dag.

 Robin vang 'n ruskansie


 Die mis maak als onheilspellend. My kommentaar was, ek wag dat die Black Pearl uit die mis verskyn met Captain Jack Sparrow aan die stuur.


 Dam nommer 3!



 Grotbewoners.
 Hear no evil, speak no evil, see a little evil
 Wel iemand moes hul voete nat kry. Philip was die geskikte kandidaat!

 Dam nommer 4 le en loer deur die mis

 Sjoe maar dis hoog.










Ek moet bysê ek haal my hoed vir Chantelle af. Sy het die vorige dag nog met 'n maagvirus gespook, plat in die bed vir die heel dag maar sy het aangehou en uitgehou tot bo. WELL DONE!!!

The long way down!

Na die stap het ons 'n welverdiende ete geniet by die Constantia Nek Restaurant en ietsie koel gehad vir die keel. Geen beter manier om die dag uit te sluit nie!

Die foto hier bo is my ander favourite vir die dag.
Hierdie foto weerle vir my so baie eintlik. Ons as mens wil altyd meer he, beter doen as die ou langs ons. Ons kompeteer met alles en almal, maar eintlik is ons maar nietig en mis ons die goed in die lewe wat eintlik waarde het. Soos goeie gesondheid, die feit dat ons kan hoor, sien, ruik ens. Ek love die foto, want Jani sit net en geniet dit wat om haar is. Vir my lyk dit of sy "uitzone" en die omgewing om haar in drink en net "is".
Ons sit daagliks in ons karre/busse/treine/motorfiets/vliegtuie oppad erens heen. Werk toe, huis toe, skool toe en so kan ek aangaan. Maar stop ons vir 5min om langs die pad te kyk hoe 'n sekretarisvoel 'n slang vang, weet ons van die Jeep-track wat teen Tafelberg uitloop of dat daar damme op Paarlberg is? A human being is a creature of habit. Isn't it time we break the habit and start living??