Tuesday 27 January 2015

Mens is nooit te oud om te leer nie

Voor ek begin wil ek net gou als in perspektief sit. Ek het in 2014, vir die eerste keer sedert 1998 die geleentheid gekry om verlof te hê in Desember. Ek moet sê ek het 2 baie cool base en met goeie beplanning het ek toe verlof ingesit vir die tydjie tussen Kersfees en Nuwe jaar.

Ongeveer so 3 weke voordat my vakansie aanbreek start ek vir Saagie net om die battery slag te laai.  Raai wat? Stoom aan die linkerkant van die fiets. Dit beteken net een ding. WATERPOMP!!!!!

Moed in my skoene stap ek om Saagie en my vermoede word bevestig. Om te sê ek was negatief is 'n understatement. Eerste ding die volgende oggend was ek op die foon BMW Motorrad Stellenbosch toe. Bestelling ingesit vir nuwe waterpomp en seëls en die aand begin om Saagie te strip. Hy was in elk geval due vir 'n diens so het toe sommer die geleentheid gebruik om filters, plugs, en olie te vervang. Ek het die nodige goedjies gekry en waterpomp opgetel en weer begin aanmekaar sit. Met die oopmaak was ek verbaas om te sien waar oral Malagas se modder vatplek gekry het. Een van my gloeilampies op my instrumentpaneel was dood en het toe besluit om sommer hulle ook te vervang. Ek het erens gelees as een blaas dan gaan hulle so op 'n ry. Gloeilampies, olie, filters,sparkplugs en waterpomp vervang is dit uiteindelik tyd om Saagie op te vuur. Die ou start eerste keer maar daar is 'n probleem of twee. Die petrolliggie kom nie aan nie en die revcounter is skielik dood. Ek besluit toe om sommer net 'n draai te gaan ry om te sien of dit nie dalk regkom nie.

Met die rev-counter wat dood is klink dit gedurig of die fiets te veel petrol kry terwyl ek versnel. Hy smoor in die lewe in. Terug by die huis klim ek terug op die forums en begin soek en raad vra. Na 'n klomp gesukkel en gesoek, 2 blikke Q20 en al die konneksies wat drup van die Q20, druk ek die aansitknop, Saagie dreun en als werk soos dit moet. Dis die 23ste Desember 23:00. Ek begin aanmekaar sit en verander toe my planne, gaan klim in die bed en slaap.

Intussen het Oom-Foe-rie op van die forums gevra wie in die Gansbaai omgewing is gedurende die Desember/Januarie vakansie. Hele paar manne het geantwoord. Ek het 'n Whatsapp groep gestig sodat ons sommer almal maklik kan kommunikeer.

Die manne het afgespreek dat ons mekaar Maandag 29 Desember by Uilkraal se kruis kry. My vrou moes ongelukkig werk die 27ste en ek is die 26ste saam terug Kaap toe. 27ste oggend vroeg is ek op en besig om Saagie aanmekaar te sit. Vandaar is ek deur na Kanarie toe in die Paarl om gou 'n hoër adventure screen op te sit en sit toe die stuk in Somerset-Wes toe.  Ek het petrol ingegooi en soos gewoonlik het die wind gewaai in Gordonsbaai. Net daar en dan besluit ek om sommer see-langs te ry. Ek het mos tyd! Die weer in die Kaap was lekker warm en 'n baie mooi dag. Moet sê ons het seker van die beste paaie in die Kaap vir motorfiets ry. Van teerpad deur tot grondpad.

Hierdie pad tot in Kleinmond bly een van my favourite paaie. Halfpad Pringlebaai toe voel ek 'n klammigheid teen my gesig. Dit reën!!! En ek het nie my reën jas ingezip nie!! Vandaar het dit heeltyd aan en af gereën tot in Hermanus. Die plan was om my 2 broers en neef in Vermont te kry. Toe die karre begin opdam voor die kamera in Hawston het ek dankie gesê ek is op die motorfiets. Goukyk was ek in Vermont en het vir Panda(brother from another mother), Emile(my regte broer) en my nefie Eduard by Panda se huis gekry. Daar het sommer 'n lekker bui geval en ons het besluit dat daar iets gedrink en geëet moet word.  Tippels was die naaste en niemand hoef in verkeer te sit nie. Panda het gesê hy is lus vir bike ry en het toe die Twin 'n slag uit die garage getrek. Biertjie by Tippels later besluit ons om te gooi vir Franskraal se Spar, en sommer vleis etc daar te kry en 'n lekker lang braai kuier maak.


                                     









































 
Wel lekker gekuier en toe is dit Maandag. Hommel het laat weet hy kom uit Struisbaai vir die ryery. Met die aankom het daar drie fietse gestaan, Super Tenere, KTM en nog 'n Tenere. Oom Foe-rie, Straddle en ETS. Ek het die manne ontmoet en sommer dadelik aan die gesels geraak. Hommel was ook sterk oppad en het nie lank na my daar gestop.

Oom Foe-rie het gevra watter roete ons wil ry en ek het gesê dit maak nie saak nie. Hy moet voorvat en ons volg. Ek moet sê dit was nogal 'n lekkerte om nie oor roetes etc te worry nie en net te ry. Oom Foe-rie het ons met die mooiste paaie gevat, paaie wat ek nog nooit gery het nie en ek bly al hoe lank in die omgewing. Ek hoef nie veel te sê nie want die fotos vertel die verhaal. Een ding wat ek ook opgelet het is dat almal 'n lekker spoed gehandhaaf het.



By Gunners in Napier het ons eers gestop vir 'n welverdiende koffie en 'n diep lekker brekkie. Kan hulle nogal aanbeveel en die name op die spyskaart is ook uniek. Diens was lekker flink en die kos baie lekker!! ETS het stil-stil verdwyn en toe sommer die rekening betaal! Dankie ETS!! Hommel het hier gesê hy dink maar hy moet terugdraai want die ou was effens verkoue. Dit het nie lank gevat nie toe is die man oortuig dat as hy nou terugdraai mis hy uit. En dit raak seisoentyd, wanneer gaan hy nou weer ry etc. Toe sê hy: Nee wat, die ding ry saam! Da pak haai ding.



Van Napier af het ons gou gestop om vol te maak en toe vat ons agterpaaie en kom uiteindelik in Protem uit. Hier het ons eers bietjie gestop, fotos geneem en sommer net lekker gesels.






 
Van daar het ons verder grondpaaie gery en uiteindelik weer in Bredasdorp uitgekom. Ons het sommer 'n koeldrankie daar by die kafee gekoop en toe op die Waenhuiskrans pad uitgery. Met ETS wat sy nommerplaat amper langs die pad verloor het, het hy sonder nommerplaat gery. Met die afdraai na Waenhuiskrans bespeur ek 'n boetebessie in my spieels. Ek het haar solank as moontlik prober terughou aangesien ek gedink het sy wou ETS aftrek oor die nommerplaat. Ek moes toe maar geleidelik begin spoed optel en sy is toe met ligte etc verby ons oppad na iets wat gelukkig belangriker is as 'n nommerplaat.
 
Oom Foe-rie het regs gedraai op 'n grondpad wat ons weer net voor Struisbaai sou uitgooi. Op die stukkie pad was daar nogal redelik verkeer.
 
In het tot in Aghulas gery om daar by die vissery ietsie lekkers te kry om te eet. Daar gekom is die plek gepak en nie sitplek vir 'n muis nie, wat nog te se 5 honger bikers. Besluit ons moet dan maar die hawe gaan uitprobeer. Ook hier was 'n waglys van 2 ure!!
 
Hommel het voorgestel ons stop by sy ouers vir 'n koeldrankie wat baie welkom was. Vandaar het ons gegroet en Hommel agtergelaat. Wonder of dit iets te doen het met Perdeby wat in 'n swembroek rondgeloop het?
 
Die 4-manskap is toe uit Struisbaai en ons het links gedraai rigting B-Bos!! Soos een man tereg opgemerk het. 1 bier is 7 snye brood. So 2 biere en jy het amper 'n hele brood geeet!
 
Hulle is besig om aan hierdie pad te werk aangesien hy binnekort geteer gaan word. Dis seker die losste grondpad wat ek tot dusver gery het. En dan net om dinge interessant te maak gooi hulle 'n trop beeste ook in.
 
Ons kom darem almal die beeste vermy en het veilig in B-bos aangekom en sommer ingeval by Marietjie's Pub and Grill. Hel maar die koue bier het goed afgegaan!! Ons het lekker buite sit en gesels en dit is verseker 'n plek wat ek weer wil besoek aangesien ek hoor dat hulle kos ook net so lekker is.
 
ETS moes terug Onrus toe en Straddle se vrou wou hom strangle. Oom Foe-rie het gevra of ek wil saamry tot by die Gansbaai-Stanford pad. Ek was daar op eie tyd en het natuurlik ja gese. Enige rede om bietjie langer te ry!! Ons het die paadjie verby Uilenes gevat en toe verby Grootbos tot weer in die Gansbaai pad. Moet se dis seker een van die mooiste uitsigte wat ek al gesien het en kan nou verstaan hoekom Grootbos so gewild is!
 
Defnitief 'n trip werd met 'n bottle shampers en 'n mooi sonsondergang.
 
Ek en Oom Foe-rie het vir ETS gegroet en vandaar rustig gery terug Franskraal toe. Hy my genooi vir 'n biertjie en ons het lekker op die stoep gesit en gesels.
 
Moet se dit was 'n baie lekker trip en was lekker om nog nuwe mense te leer ken. Manne wat sommer op my voorstoep vakansie hou en ook bike ry. Soos ek al male sonder tal gese het, mens is nooit te oud om te leer nie. Ek het met hierdie trip 'n klomp nuwe paaie gery almal letterlik by my agterdeur uit. Het gedink ek ken die berge en paaie rondom Franskraal maar helaas nie. Dankie aan die manne wat die effort gemaak het om saam te ry en dankie aan die toerleier, Oom Foe-rie vir die klomp lekker nuwe paaie!!
 
Wie weet, in 2015 maak ons dalk weer so!!