Saturday 18 January 2014

Paarlberg raak toe Ceresberg

Hier net voor kersfees het ek al 'n tydjie lank in die beplanning 'n trippie teen Paarlberg uit en op tot by die damme en van daar Ceres toe om steak op te tel vir Kers-ete.

Als het mooi geloop tot so 2 dae voor die tyd. Toe koop die een man 'n BMW, en die ander ene ry sy olie-seel dat hy nou nog teen die pad le. Toe besluit ek en Spykerkuif ry gaan ons ry.

Oggend staan ek op, kit en val in die pad. Die ontmoetingspunt was Paarl McDonalds gewees en ek stop toe om gou petrol in te gooi. In die tyd lui my foon, Spykerkuif.

Met die antwoord hoor ek toe sommer die man se gemoed is nie lekker nie.  Hy se toe die Twin gooi sy agterste plugs dood en hy sukkel nou om ander plugs in te draai. Ek laat weet toe ek kom sommer deur tot op CW dan kan ons vandaar besluit waarheen.

Ek druk toe die Kettingsaag se neus in Worcester se rigting en draai die ou se oor. Op Worcester aangekom hoor ek die weer dreun uit die garage en daar is nie eers 'n enkele wolkie in die lug nie. Toe weet ek, hier gaan dit gerook.

Met die instap in die garage toe sien ek sommer ek sal nou eers moet dop gooi om die gemoedere te kalmeer. Ek maak ook toe sommer so en stap weer die garage binne. Ek gee toe eers die branfien aan en vra toe wat is die moeilikheid.

Langstorie kort, die Twin se agterste plug sit baie skuins en mens het 'n spesiale tool nodig om daar in te kom. Ons het eventually Autozone toe gery en 'n tube-socket gekoop en ons eie plug-spanner geprakseer. Ons kry darem toe die plug dat hy vasdraai en toe is dit ook al amper 11:00.  Ons besluit toe om sommer Brandwacht om te ry en vandaar die pad Ceres toe te vat.

By my ma'le se huis op Worcester draai ons toe regs en ry lekker rustig deur die buurt tot verby die trimpark. Na die trimpark maak ons so bietjie die krane oop. Nou die pad maak 2 sulke lekker S-draaie dan gaan jy deur 'n dippie, 90-grade draai na regs en dan klim jy Leeu se nek. Spykerkuif het voor die pas aangegee en ek het so bietjie agter geraak. Deur die S-draai gee ek toe so bietjie vet om in te haal. Toe ek die 2de S uitkom sien ek die Twin se briekligte, 'n bussie aan die regterkant van die pad met sy neus na my toe, en 'n Hyundai i10 se agterkant in ons baan. EN ALS STAAN BOTSTIL!!!! Nou as daar enigsins borde op was wat mens waarsku dat die pad gesluit is, en ek het soos 'n hooligan gejaag, sou ek glad nie kwaad gewees het nie want dan was ek onverantwoordelik.

Ek klim maar toe op die agterrem want ek sien toe Spykerkuif gaan gestop kry, maar ek nie. Toe ek my weer kom kry is ek dwars oppad na die i10 se gat en toe weet ek daar is net een genade, LINKS VERBY. Dank Vader ek ry 'n D/S. Volgende obstacle is toe die padteken bord wat links sit en ek moet toe mooi mik om tussen die i10 en die padteken deur te glip. Genadiglik dop ek deur en ek vang so uit die hoek van my oog hier spring 'n ou uit die bussie om my te prober keer.

Gelukkig was my visor toe so hy kom nie hoor wat ek hom als noem nie. Hy gooi sy arms in die lug en toe praat ek maar vingertaal met hom terug. Toe ek links kyk sien ek hulle is eintlik besig om 'n movie of 'n advertensie te skiet. Met die besluit ek toe, te moer met julle advertensie en draai die Kettingsaag se oor. Nou kyk, die exhaust is glad nie sag nie. Ek weet hulle sou wat ookal hulle geskiet het moes oordoen want toe ek die draai uitgaan sien ek agter my kom die Swart Mamba ook. Agter by die kruis stop ons toe en wissel gou paar woorde. Spykerkuif vra toe of ons nie moet terugry en die ou se kar vol duike moet gaan skop nie(ek was baie tempted). Vandaar vat ons toe pad Ceres toe.

In Ceres het ons gou gestop vir petrol en toe gaan kry ons gou steak in Hamlet. Met die terugkom besluit ons toe dis darem vrek warm en ons gaan moet stop vir 'n ietsie vir die maag aangesien ons albei toe al dun was - by wyse van spreke. Eerste en beste plek is toe sommer die restaurant by die Witbrug. Soos ek in my vorige blogs gese het, mens is altyd haastig en dan jag jy net om op die einde te kom, hierdie is dieselfde geval. Ek het 5 jaar in Ceres gewerk en nooit hier gestop nie en kan nie glo ek het hierdie juweel gemis nie.

Ek en Spykerkuif het met groot gedreun daar aangekom en is nogal aangekyk toe ons afklim. Ons het die opset so uitgekyk en toe sien ons hierdie is sommer gemaklike mense. Daar het 'n groupie buite in die swembad gesit aangesien dit diep warm was. Ek en Spyker het ons toe op die stoep gaan tuismaak en rustig gesit.

Mense is vriendelik en het ons in Afrikaans gedien wat 'n groot plus op my lysie is.
 Die uitsig van die stoep af

 Gin en dry-lemon vir Spyker en 'n Kaptein en Coke vir my.

 DIEP lekker Chicken burger en chips.

Van hier het ons besluit om sommer Bainskloof oor te ry aangesien dit so lekker dag was. Houghie het ook gese hy het 'n pakkie om af te lewer en toe besluit ons om mekaar in Zu'bar te kry. Hy het die koudste bier gewaarborg en ons was heel gelukkig met dit.

Met die hitte het daar oral in die pas mense gestop en in die rivier geswem. Moet se dit sou nogal lekker gewees het. Mental note: Pak swembroek in voor ek weer enigsins op biketrip gaan.

Halfpad boontoe het ons eers gestop vir 'n fotosessie. Dit was maar 'n vining stop gewees want in die hitte wou ons nie te lank stilstaan nie. lugvloei help darem om af te koel.





 Stoppie bo-op die berg om die uitsig te waardeer.



 
 Biertjie saam met Houghie in Wellington.

Van hier het ons paaie weer uitmekaar geloop. Ek is terug Kaap se kant toe en Spykerkuif het oor Du Toitskloof Worcester toe gery.

BAIE warm dag maar baie lekker om die natuurskoon om die rug van 'n yster te geniet.
 

 

 

1 comment:

  1. Na ek di gelees het, weet ek sommer, dat n ysterperd def op my shopping lys is... en besig om vinnig te klim. Awesome!

    ReplyDelete