Thursday 3 April 2014

Matewis en Boeremeisie op Kettingsaag na Arum Lilly Log Cabins


Laasjaar met bonus-tyd(September) het ek besluit om my vrou so bietjie te treat. Aangesien ons nie eintlik ‘n honeymoon gehad het nie (omdat ek moes werk) het ek besluit dis tyd om net ‘n slag iets anders te doen.

Google is my vriend en ek het hom so bietjie aangetree en plekke in die Wes-Kaap gesoek met ‘n jaquzzi. Arum Lilly Log Cabins het opgeduik. Ek het ook The Baths by Citrusdal oorweeg maar Wolseley was lekker naby en ek ken die area redelik goed.

Ek het met Mandy in verbinding getree en wou aanvanklik die Sondag en Maandag-aand daar oorbly. Aangesien dit op Valentyns naweek val was dit reeds bespreek en moes ek noodgedwonge skuif na die Maandag en Dinsdag-aand. Geen probleem want ek het sommer vir die week verlof ingesit.

Net om dinge effens in perspektief te plaas. Februarie is ‘n besige en duur maand vir my. 14 Feb het ons verloof geraak, 16 Feb het ons getrou en 17 Feb verjaar Chantelle. 

Net om dinge bietjie meer interressant te maak het ek Oktober 2013 vir Chantelle gese ek het vir haar ‘n verrassing. Soos ‘n vrou nou mos maar is het die vrae toe begin reen. Wat is dit? Waaroor gaan dit? Waar is dit? Daarna het die raaiery begin. Is dit dalk dit? Is dit dalk dat?? Ek het dit terdee geniet en my net doofstom gehou.

Ek moes sekere mense vertel om dinge in plek te kry en dan het ek maar vir Chantelle en die res laat weet dat Philip weet ook. Hy is toe ook gepeper met vrae, vanaf Chantelle, my skoonma en selfs sy vrou. Ek weet ten minste vir wie ek wat kan vertel en skoonpa het ook geweet.

Deur die maande van Oktober af het ek vir Chantelle so elke nou en dan gevra of sy nuuskierig is. Ek het bitter goed geweet sy was, maar ek moes darem net die vlam so af en toe bietjie aanblaas met petrol.

Dit het nogal beplanning gekos aangesien ek Lisa-Mari by skoonma sou moes los. So bietjie meer as ‘n week voor die vakansie het Chantelle ‘n baie goeie werk losgeslaan by Wellness Warehouse as bestuurder van hulle Glen Garry tak. Ons was baie opgewonde oor dit maar ook maar skrikkerig aangesien dit baie druk op ons as ouers sou plaas en ons ook van baie vrye tyd sou roof. Maar nou ja, as jy wil geldmaak moet jy werk.

Gelukkig het Chantelle hulle gese ons gaan daardie week weg. Die idee was om met Kettingsaag te ry sodat sy ook die wind in jou hare gevoel kan kry en net slag die buitelewe anders kan ervaar. 3 weke voordat ons sou vertrek het Kettingsaag se waterpomp weer begin lek. Ek was redelik kort van draad aangesien ek net einde laasjaar R1200 vir ander waterpomp betaal het en dit vervang het. Nou hoor ek al mense se maar wat wee thy van engines?? Ek het genoeg al by skoonpa en Spykerkuif geleer om te weet wat die voor en agterkant van ‘n moersleutel is.

 
 
 
So het ek maar die nodige parte gekry om die fiets sommer te diens ook en begin uitmekaar haal. Aangesien dit nou die 2de keer is wat ek als moet afhaal om by die waterpomp uit te kom het dit sommer gou gegaan. Ek het ‘n effens wear op die shaft van die waterpomp opgelet en nadat ek by Hando by WOA(World Of Accessories) gaan draai het is dit bevestig. Hy het my ‘n spaar seel gegee sodat ek die nommer kan kry en toe het ek begin rondbel. Ek het uiteindelik ‘n seel gekry by Bearing International in Stikland.

Met die hele werkery wou ek toe sommer die airbox afhaal en die sparkplugs vervang. So kom ek toe agter die een bout wat die airbox in plek hou Is gestrip. Nou hulle se: Geduld is ‘n stadige manier om jou moer te strip. Ek het nie baie geduld nie. ‘n Klouhamer en ‘n skroewedraaier later en so bietjie oormatige krag en die boud was afgebreek en die airbox los. Ek het sommer daar en dan vir BMW gebel en gehoor wat kos die outjie. Verkoopsman het my ‘n diagram gestuur want hy was nie seker waarvan ek praat nie en ‘n mail en oproep of 3 later het ons mekaar verstaan. Hy het my later die week laat weet die part is daar ek kan hom maar kom haal. Die Donderdag middag na werk jaag ek gou deur om die bout op te tel. En daar is dit die verkeerde een!!!! Plus die een wat ek soek dra hulle nie voorraad van nie. Hy sou eers oor 2 dae een kon he!!!! Ek het toe gevra hoe nou en hy het net sy skouers opgetrek. Ek het so stilweg &*#@^)#@ geraak en gevra om met die bestuurder te praat. Hy was heel tegemoedkomend en ons het die probleem gou-gou uitgesort. Ek is daar met met die regte bout en kon die aand my fiets aanmekaar sit. Intussen moes ek ‘n 18 tube-socket gaan koop omdat die BMW nie normale spark-plugs vat nie(lees 16mm of 21mm). Wel nou het ek ten minste een.

Nuwe seels, nuwe olie, sparkplugs en filter verder en die Kettingsaag het gedreun. Vroulief het begin krapperig raak omdat sy nou ‘n nuwe werk het, ons het ‘n Valentynsdans aan, en ‘n troue die daaropvolgende naweek, plus ek moes die Maandag na die troue Centurion toe vlieg vir 2 weke vir werk. Dit het omtrent oortuiging gekos om haar te laat besluit ons moet die week in die helfte deel en een helfte by haar ma’le bly en die ander helfte by my ouers.

Die die aanbreek van die Sondag voor ons vertrek het ek haar gese sy moet haar klere uitsit, ons ry die volgende oggend erens heen en kom eers Donderdag terug. Sy moet n bikini pak en ons ry met die bike wat beteken sy moet lig pak.

Haar ma het eers in skok ingegaan want dis baie gevaarlik ens ens ens. Maandag het aangebreek en ek het gesien dit gaan warm wees. Ons het ontbyt geeet en toe begin opsaal om te ry. Ek het haar my somersbaadjie gegee wat ‘n helse klomp lug deurlaat om haar koel te hou. Ons het weggetrek by die huis en sommer lekker rustig in n ritme gekom. Eerste stop was Badsberg Kelder om wyn te koop en shampers wat ons op ons troue ook gehad het. ‘n Bottel van elk later het ons weer in die pad geval, Slanghoek deur. Ons wou aanvanklik by Opstal eet maar hulle was toe en toe hou ek maar verby Wolseley toe. Daar gekom was die hotel ook toe en toe besluit ek maar op die Spur(hulle het darem ‘n lekker aircon).


Na 'n lekker burger en chips het ons gou by die plaaslike supermark ingedraf vir die nodige  en toe het ons aangetrek en na Arum Lilly gery. Toe ek begin stadiger ry sien ek 'n hand wat hier van agter beduie. Met die stop slag hoor ek, ja ek het mos gese ons gaan soontoe. Ons het gery tot by ons cabin en begin afdra.





 
Ons het die cabin so bietjie verken en toe sommer dadelik gaan kyk na die jaquzzi. Wat 'n oulike idee!! Het sommer fotos geneem aangesien ek presies weet van iemand wat so iets op hul plaas sal bou.



 
Ons het die hele res van die dag in die jaquzzi spandeer, 'n lekker vleisie gebraai en die aand eers na 12 in die bed gekom.


Die eerste aand het ons 'n lekker steakie gebraai en sommer net heel aand in die jaquzzi deurgebring





In die 2 dae het ons so min as moontlik vir so lank as moontlik gedoen!! Ons het besluit om Waverley Hills se pizza bietjie op die proef te stel en mensig!!! Was dit nou die moeite werd. Ons het eers sommer 'n wynproe deurgewerk en toe gaan aansit vir hierdie feesmaal!


Die 2de aand het ons sommer oorskiet pizza geeet en net rustig verkeer.
Met ons vertrek het ons besluit om sommer by die Witbrug se restaurant 'n laat-ontbyt.
 







Met die terugtog het ons sommer by De Wet gaan draai, vandaar Nonna en Nuy deur. Terug na Overhex en Aan de Doorns weer aangesluit Villiersdorp toe.

Na die toertjie het Chantelle vir my gese sy verstaan nou hoekom ek bike ry. Dit laat mens vergeet en afskakel, en mens kom op 'n "fun" manier by jou bestemming!!

No comments:

Post a Comment